Wapenrusting van GodSample

Lees: Efesiërs 4:1–24
SOAP: Efesiërs 4:22–24
"Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het.; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. Julle gees en gedagtes moet nuut word; lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig."
Oordenking
Wat 'n ongelooflike seën om die vryspraak van Christus te ontvang, om die borsharnas van geregtigheid tot ons beskikking te hê — elke oggend wanneer ons ons dag begin. God gee in sy groot barmhartigheid vir ons oggend na oggend alles wat ons nodig het om ons lewens deur sy krag in oorwinning te lei.
In ons verse vir vandag gee Paulus aan ons opdrag om ons vorige leefwyse, die ou self wat deur bedrieglike begeertes verdorwe is, opsy te stel en ons denke te vernuwe met God se waarheid. Hy sê ook vir ons om die nuwe self aan te trek, geskape na die gelykenis van God, in ware geregtigheid en heiligheid. Met ander woorde, ons kan die "ou klere" weggooi wat ons eens gedra het toe ons Jesus nie geken het nie. Daardie "ou klere" is nie meer nodig nie, en weerspieël nie meer ons verandering en wie ons nou in Christus is nie. Nou kan ons onsself beklee met die borsharnas van geregtigheid.
Dit kan aanloklik wees om te glo dat ons moet voldoen aan die standaarde wat deur die samelewing of deur diegene om ons gestel word. Paulus herinner ons egter daaraan dat, alhoewel ons vroeër so geleef het, ons nou in Christus is en 'n nuwe karakter ontvang het: ons het nou die dinge lief wat heilig is en aan God eer bring. Al sondig ons steeds en faal ons, bekeer ons ons van ons sondes, en maak ons nie verskonings of gaan daarmee voort nie.
Hoe trek ons dan hierdie nuwe self aan? Deur ons gedagtes te vernuwe. Dit beteken dat ons voortdurend ons gedagtes moet vul met die waarheid van die Woord van God, elke belofte moet glo en sy Woord toelaat om ons gedagtes en dade te vorm. Dan, wanneer ons oor die Skrif nadink en die Heilige Gees se leiding soek, sal ons bemagtig word om in die nuwe karakter te leef wat God vir ons ontwerp het.
Gebed
Liewe Jesus, dankie dat U my verlede vergewe en vir my 'n blink toekoms saam met U gee. Dankie vir die vryheid wat U my gegee het om nie meer in die skande van my verlede te lewe nie. Help my om my gedagtes met u waarheid te vernuwe. Amen.
Scripture
About this Plan

Die wapenrusting van God is 'n metafoor wat in die boek Efesiërs gebruik word om die geestelike beskerming en krag tot ons beskikking as volgelinge van Christus te beskryf. In die volgende ses weke sal ons leer hoe om ons te klee met elke deel van hierdie wapenrusting en hoe om dit aan te wend
More
Related Plans

Heaven (Part 1)

Hebrews: The Better Way | Video Devotional

Be the Man They Need: Manhood According to the Life of Christ

Heaven (Part 3)

Made New: Rewriting the Story of Rejection Through God's Truth

Drawing Closer: An Everyday Guide for Lent

Kingdom Parenting

Growing Your Faith: A Beginner's Journey

Experiencing Blessing in Transition
