Wie Is God?Sample

Hoe moet jy die Bybel lees? – 2 Timoteus 3:14-17
Daar is maar een manier om die suigkrag van selfsug vry te spring, en dit is om op God en sy Woord te fokus. Dit is dié fokus wat ook Timoteus die krag gee om in vervolging, wat ‘n normale deel van die pad met die Here is, vas te staan. Die waarde van die Skrifwoord (in die eerste plek die OT, maar dit kan op die hele Bybel van toepassing gemaak word) is velerlei: onderrig in die waarheid, bestryding van dwaling, regstel van verkeerdhede, en die kweek van ‘n regte lewenswyse. Dan sal ‘n mens volkome voorbereid wees en toegerus vir elke goeie werk.
1. Dit is waar die Christelike lewe begin. By die Heilige Skrif. By gelowige ouers en leraars wat jou van kindsbeen aan die Skrif blootstel. Onderstreep en oordink die waarde wat die Skrif vir jou het, soos Paulus dit hier vir Timoteus verduidelik.
2. Loof die Here vir getroue diensknegte van die Here wat jou bevestig het in die Skrif. Verbind jou opnuut aan getrouheid aan die Skrif.
3. Lees die gedeelte later vandag weer om jou getrouheid aan die Skrif te bevestig.
4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van 2 Timoteus 3 met die tema: Getrou aan die Woord.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

Joshua | Chapter Summaries + Study Questions

Called Out: Living the Mission

Hear

Mission Trip to Campus - Make Your College Years Count

Unshaken: 7 Days to Find Peace in the Middle of Anxiety

Move With Joy: 3 Days of Exercise

More Than Money: A Devotional for Faith-Driven Impact Investors

Daughter, Arise: A 5-Day Devotional Journey to Identity, Confidence & Purpose

Conversation Starters - Film + Faith - Redemption, Revenge & Justice
