Wie Is God?Sample

Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? — 1 Tessalonisense 4:13-17
Paulus spoor die Tessalonisense in hierdie hoofstuk aan om hulleself nog meer as tevore aan die Here toe te wy. Die 2 hoofsake waarin hulle dit moet uitleef, is om nie onsedelik te leef nie (4:1-8), en mekaar lief te hê (4:9-12).
Dan brei Paulus uit oor hulle vrae oor die opstanding uit die dood wat Timoteus aan hom oorgedra het. Dit wil voorkom asof sommige gelowiges depressief geraak het oor die lot van hulle geliefdes na hulle dood. Dit kan selfs wees dat van dié sterftes weens vervolging was. Paulus gebruik die werklikheid van die opstanding van Jesus om nie net vir hulle die regte lering oor die opstanding te gee nie, maar hulle ook te troos en met hoop te laat lewe.
In kort, sê Paulus, die ontslapenes is by die Here, en aan die einde van die tyd sal hulle wat dan nog lewe ook by die Here wees. Hy wy nie uit oor die presiese prosesse waardeur dit alles sal gebeur nie, maar troos hulle met die teenwoordigheid van God self. Op ‘n manier is dit die somtotaal van alles in die lewe, om by die Here te wees.
1. Dit tref ‘n mens hoe prakties Paulus kan wees. Geen onsedelikheid nie. Wel oorvloedige liefde. Hy motiveer dit met ‘n visie op die toekoms, die wederkoms en ewige lewe. Hoekom dink jy doen Paulus dit?
2. Hoe help jou eie visie op die wederkoms en die ewige lewe jou om hier toegewyd aan die Here te lewe?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die wederkoms van die Here Jesus en die ewige lewe wat ons deel is en sal wees. Wy jou aan die Here toe in alles, veral in jou morele keuses en jou naasteliefde.
4. Jy kan later vanaand die verse weer in die konteks van 1 Tessalonisense 4 lees met die tema: Nog meer aan die Here toegewy.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

The Lies We Believe: Beyond Quick Fixes to Real Freedom Part 2

FruitFULL - Faithfulness, Gentleness, and Self-Control - the Mature Expression of Faith

Unapologetically Sold Out: 7 Days of Prayers for Millennials to Live Whole-Heartedly Committed to Jesus Christ

Ruth | Chapter Summaries + Study Questions

Breath & Blueprint: Your Creative Awakening

Let Us Pray

Homesick for Heaven

Stormproof

Judges | Chapter Summaries + Study Questions
