Wie Is God?Sample

Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? — Romeine 1:18-20
Soos ons 'n vorige keer al gesien het, Paulus beskryf hier die toorn van God oor die goddeloosheid (asebia) en ongeregtigheid (adikias) van die hele mensdom (hfst 2 sal uitwys dat dit die Jode insluit). Hulle erken God nie as Skepper nie ten spyte van die algemene openbaring. Omdat God se wese en werke vir almal sigbaar is, kan niemand hom- of haarself verontskuldig dat hulle nie geweet het nie, want die kennis van God is van altyd af sigbaar. Trouens, in hoofstuk 2 sal Paulus uitwys dat die wet van God in die harte van alle mense geskryf is (Romeine 2:15). God is dus in die skepping sigbaar, en sy wil in ons eie hart. Die mensdom kies egter om eerder afgode te dien. Hulle verruil die aanbidding van God as Skepper vir die aanbidding van die skepping en sy skepsels.
1. Dit is dus nie net die OT wat van God se straf praat nie. Dit is ook die NT. Paulus praat hier van God se algemene openbaring wat genoeg van sy ewige krag en Goddelikheid aan alle mense bekend maak sodat hulle nie hulleself kan verontskuldig nie. Hoe dink jy daaroor?
2. Paulus praat van hierdie straf in die konteks van die besondere openbaring van Jesus Christus. God spreek alle mense vry enkel en alleen omdat hulle glo (Romeine 1:16-17). Hoe help dit jou om vers 18-20 te verstaan?
3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die regverdigheid van God om nie net mense te straf sonder om Homself aan hulle te openbaar nie. Loof Hom ook vir sy genade vir elkeen wat glo. Ook vir jou.
4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Romeine 1 met die tema: God spreek mense vry enkel en alleen omdat hulle glo.
Scripture
About this Plan

Werk die volgende jaar deur antwoorde op 52 kernvrae oor God, Christus en die Gees. Elke week het sewe bydraes oor ‘n kernvraag. Dag 1: ‘n Antwoord uit die Bybel met besprekingsvrae. Dag 2-5: Vier verdere antwoorde uit die Bybel. Dag 6: Antwoorde uit die belydenisskrifte. Dag 7: 'n Boodskap. Die bydraes is gerig op gelowiges uit alle kerkverbande. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd of in 'n kleingroep.
More
Related Plans

When God Makes Things Right: A 5-Day Devotional on Nahum

When Tithing Feels Impossible: 3 Truths That Free You From Financial Guilt

Read the Bible Effectively

The Holy Spirit: God Through Us

The Creator's Battle: Winning the Inner War for Your Art

When You Are the Problem: The Courage to Look in the Mirror When Your Church Is in Crisis

Journey Through Esther

BE a PILLAR

What Is "The Way of Christ?"
