YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Wanneer My Pad Nie Gelyk Is Nie ...Sample

Wanneer My Pad Nie Gelyk Is Nie ...

DAY 7 OF 7

## Helde het ook hartseer Dis so maklik om ander se lewens te idealiseer. Om te dink dat net jou eie wêreld uitmekaarval. Jouself dalk – met rede – jammer te kry. Totdat ons ander “helde” se stories hoor. Soos Dawid s’n. Dawid – wat probeer het om vir Saul harp te speel en toe met sy spies gegooi is. Dawid wat vele oorloë moes veg, deur sy seun Absalom vervolg is en vele ander uitdagings moes oorkom. En tog daardeur gekom het omdat hy geweet het waar sy krag lê. Dit was in terugkyk-oor-moeilike-tye wat hy weer lirieke soos in Psalm 18 kon skryf. As jy op die oomblik wil wegkruip vir die wêreld, weet dan: Hy is juis nou oneindig naby aan jou. As jy wonder of jy weer heel gaan word, wees rustig: Hy sal dit op sy tyd en manier wel doen. Ja, mag jy, soos Dawid, beleef dat jy regtig by Hom kan skuil en dat Hy vir jou ’n toevlug is. Want Hy ís! Die pyn van ons harte het méér as spesiale aandag nodig. Dit het die liefdevolle by-jou-gevoel en ingryping van ons groot Geneesheer nodig. Mag jy altyd onthou waarheen om te gaan. Here, U is my rots, my vesting en my Redder; my God is my rots by wie ek skuil. Hy is my skild … (gebaseer op Ps. 18:3a). > Hierdie oordenkings is geneem uit SIMFONIE VAN SEËN deur Milanie Vosloo © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Scripture

Day 6

About this Plan

Wanneer My Pad Nie Gelyk Is Nie ...

Ons stoei so dikwels met so baie dinge: bekommernis, angstigheid, ontsteltenis, vrees … Maar wanneer ons dink aan Jesus se intense menslike vrees kan dit vir ons soveel gerusstelling gee in die wete dat Hy self ook “daar...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy