YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Wanneer My Pad Nie Gelyk Is Nie ...Sample

Wanneer My Pad Nie Gelyk Is Nie ...

DAY 6 OF 7

## Daar ís sin in alles! Dit was vir die mense totaal onverstaanbaar en belaglik toe Noag ’n ark op droë grond begin bou. Tog het Noag verder gekyk. Hy het God geken, op Hom vertrou en daarop gehoop. Dit moes daarna vir Noag en sy familie nogal angswekkend gewees het om te sien hoe die water die aarde oorspoel en vernietig toe hulle die massas water deur die vensters van die ark sien. En tog bewys Hy sy troue liefde aan die mensdom met ’n enkele takkie in die snawel van ’n duif. En herskep Hy wéér ’n wonderwerk. God sal jou nooit los nie. Ook nie wanneer dit voel of die watermassa van die lewe jou wil verswelg nie. In sulke tye is Hy juis besig om die legkaartstuk van jou lewe op ander maniere te vorm. Selfs wonderwerke deur jou te laat gebeur. Jy mag maar jou Skepper vertrou met jóú. Sy in-beheer-wees van die wêreld en van ons lewens is die één ding waaraan ons – ongeag – kan vashou. Gaan leef vandag met hoop omdat jy weet dat God aan jou kant is. En dat Hy, die Een wat watermassas kan skep én wegneem, by jou in die ark van jou lewe is. Here, ek is maar net ’n bang en onseker mens. Maar ek het hoop. Omdat U daar is. Omdat U ín my is!
Day 5Day 7

About this Plan

Wanneer My Pad Nie Gelyk Is Nie ...

Ons stoei so dikwels met so baie dinge: bekommernis, angstigheid, ontsteltenis, vrees … Maar wanneer ons dink aan Jesus se intense menslike vrees kan dit vir ons soveel gerusstelling gee in die wete dat Hy self ook “daar...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy