YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Wanneer My Pad Nie Gelyk Is Nie ...Sample

Wanneer My Pad Nie Gelyk Is Nie ...

DAY 3 OF 7

## Jy mag maar bang wees, maar onthou … Dit maak nie saak hoe sterk, gelowig of vol selfvertroue ons is nie, ons raak almal met tye om verskillende redes bang. Bang vir die onbekende, wat mense aan ons kan doen, onsekerhede oor ons toekoms en dinge soos ons gesondheid en sommer net bang … vir pyn en die dood. Ons raak bang, want ons is baie diep bewus van ons en ander se broosheid, die ongenaakbaarheid van die wêreld en die onomkeerbare feit dat ons nie vir altyd hier gaan wees nie. Dit help my om in sulke tye te onthou dat ons Here so bang was dat Hy bloed gesweet het. Soos Hy vir sy dissipels in Matteus 26:38 sê: “Ek is benoud tot sterwens toe.” Die onthou van sy intense menslike vrees kan eintlik vir ons soveel gerusstelling gee in die wete dat Hy self ook “daar” was, dat Hy my menslike bang hart verstaan en dat Hy my nooit kwalik neem vir my tipiese ontsteltenis en vrees nie. Al sê Hy honderde kere in sy Woord dat ons nie bang moet wees nie, word Hy nie vies as ons wel wéér met bewende harte voor Hom staan nie. Jy kan maar ook vandag weer langs die vreesbevange Man in Getsemane kniel en weet: Hierdie Man verstaan. Maar juis omdat Hy daar was, hoef jy nie bang te wees nie. Want Hy het opgestaan en loop die pad na léwe saam met jou. O Here Jesus, neem my vrees en vul my met … U-is-daar-vrede.

Scripture

Day 2Day 4

About this Plan

Wanneer My Pad Nie Gelyk Is Nie ...

Ons stoei so dikwels met so baie dinge: bekommernis, angstigheid, ontsteltenis, vrees … Maar wanneer ons dink aan Jesus se intense menslike vrees kan dit vir ons soveel gerusstelling gee in die wete dat Hy self ook “daar...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy