YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Alles Gaan Ok WeesSample

Alles Gaan Ok Wees

DAY 1 OF 4

[IMAGE CONTENT] DAG 1 - DIS NIE WAT JY DINK NIE Die vyand het die vermoë om dit wat om ons aangaan groter te maak as wat dit is. Ek is seker julle het ook al gevoel dat daar geen uitweg is nie. Soms kyk ons so vas in die probleme dat ons verblind is en nie die waarheid kan sien nie. Die vyand val ons met vrees aan. Dit is moeiliker om te bly glo wanneer ons vrees. F.E.AR . = F ALSE E VIDENCE A PPEARING R EAL Wanneer ons dink aan die onderwerp dat ALLES SAL OK WEES, dink ons aan emosies soos bv. hartseer, moedeloosheid, stres, angstigheid, alleenheid, net om ‘n paar te noem. Hierdie emosies kan ons dieper in ‘n gat vat en as ons nie daarteen waak nie, kan dit ons van God wegdryf. In daardie situasies is ons baie keer geneig om die Woord van God te vergeet. In Numeri 13:25-33 sien ons dat wanneer ons nie op God gefokus is nie, kan ons gedagtes met ons weghardloop want ons kyk met ons natuurlike oë en nie met die oë van geloof nie. Ek weet hoe dit voel. Ek weet wat dit is om te baklei om bo die omstandighede uit te kom. In al die kere wat ek daar onder was het ek net weereens besef dat dit net by God is waar die oorwinning plaasvind. Wanneer ek oorgelaat is aan my eie gedagtes en gevoelens, is ek meer geneig om te wil gaan lê. Die Israeliete het besluit om deur hulle eie gedagtes gelei te word en dit wat hulle kan sien. Die resultaat daarvan was dat die volk in rebellie teen God gegaan het. Hulle het die beloofde land gemis. Hulle was selfs sprinkane in hul eie oë. Is dit nie so ‘n werklikheid in ons lewe dat ons wil opgee wanneer dinge nie lyk soos wat ons dink dit moet wees nie. Dis nie wat jy dink nie! Wanneer ons ons lewe op God rig en dit wat Hy vir ons beplan, sal ons gedagtes met liefde, krag en selfbeheersing gevul wees. As kinders van die Here leef ons anders, glo ons anders en redeneer ons anders. Ek weet dis nie maklik nie. Ek weet ons wil nie altyd die waarheid hoor nie. Maar dit is juis die waarheid wat ons vrymaak. Dit is juis die waarheid wat ons tot oorwinning deurdra. Dit is juis daardie tye wanneer jy God op sy Woord vat en deurdruk tot die einde toe. Alles gaan ok wees!!! Dis nie wat jy dink nie. Waar bevind jy jouself? In die teenwoordigheid van die probleem, of in die teenwoordigheid van God? Kom ons begin vandag om ons gedagtes met God se gedagtes te vul. Sy gedagtes is ver bokant ons gedagtes en Hy het ‘n plan met elkeen van ons. Is jy reg om die probleme eenkant toe te stoot? Is jy reg om die oorwinning te sien ten spyte van die probleme en omstandighede? Die massa mense, soldate en dissipels het na Jesus gekyk op die kruis. Die trane, verwarring, vrees en vir sommiges die vreugde, die duiwel juig en dink hy het oorwin. Jesus blaas sy laaste asem uit en sterf in die openbaar. Ek is seker die Heilige Gees wou die dissipels rustig maak op daardie oomblik en sê... DIS NIE WAT JULLE DINK NIE! DIS NIE DIE EINDE NIE! ALLES GAAN OK WEES!
Day 2

About this Plan

Alles Gaan Ok Wees

Ons wêreld is gevul met storms. Hierdie storms kan ons oorweldig en ons wegtrek van ons roeping. Wanneer ons die woorde hoor “Alles sal ok wees” is dit nie die woorde wat ons altyd wil hoor nie. Maar as ons net ons gedag...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy