YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Alles Gaan Ok WeesSample

Alles Gaan Ok Wees

DAY 3 OF 4

[IMAGE CONTENT] DAG 3 - VERBLY JOUSELF IN DIE HERE Ons almal ervaar moeilike tye. Dis gewoonlik omstandighede van frustrasie, hartseer, iets wat jou tot jou uiterste toe dryf. Storms wat jou vreugde wil steel. Die vraag is nie hoe kom ek daar nie. Die vraag is, hoe oorleef ek daardie tye? Probleme is deel van die lewe en is dis nie altyd die maklikste om daardeur te gaan nie. Habakuk het van vrees gebewe vir dit wat gaan kom. Hy het gestaan en sien dat daar geen uitkoms was vir hierdie oorlog wat voor hulle lê nie. Hy het gevra dat dit sal weggaan. Hy het gebid en hy het gevra dat dit eers sal gebeur wanneer hy dood is. Die vrees wat hy ervaar het moes intens gewees het. NOGTANS, maak hy ‘n wilsbesluit. Hy gaan homself in die Here verbly . Die vreugde en vrede wat ons ervaar wanneer ons onsself in die Here verbly, bring ons by 'n plek van oorwinning. Die wete dat Hy die een is wat ons red. Terwyl die duiwel wil hê ons moet sit en stres en vasgevang bly in vrees, is God besig om die skuiwe reg te trek sodat sy plan en wil in ons lewe verwesenlik kan word. Moenie jou tyd mors op stres en bekommernisse nie. Gebruik jou tyd om jouself in die Here te verbly. Habakuk 3:19 (DIE BOODSKAP) Die Here wat as koning regeer, gee vir my die krag wat ek nodig het. Hy maak dit vir my moontlik om probleme sonder moeite te kan hanteer. Wanneer ons leer om soos Habakuk te praat en te sê: “Al gebeur dinge nie soos ek dit wil hê nie, al gebeur dinge nie soos dit veronderstel is om te gebeur nie, sal ek nog steeds in die Here jubel en juig. Wanneer jy mense aan ‘n kompetisie deelneem en die een voel neerslagtig en depressief en die ander persoon is passievol en vol blydskap om te kan deelneem, wie dink jy gaan die oorhand hê in die kompetisie? Ek dink die persoon wat vol blydskap is. Blydskap tel jou op wanneer dinge moeilik gaan. Blydskap maak die proses draaglik. Die persoon wat neerslagtig is en sleg voel, is die persoon wat nie gemotiveerd is om deel te neem nie. Wanneer jy jouself aan vrees oorlaat, maak jy dit vir jouself moeilik. Maar waar en hoe begin ek prakties hierdie blydskap ervaar. Ek voel dan nou so sleg en terneergedruk? Ek het nie ‘n knoppie wat ek net kan aan en af sit nie. Hierdie is ‘n moeilike proses. Jy sien, die probleem wat ons meeste van die kere het, is dat ons hart nie op God gefokus is nie. In moeilike tye vul ons ons gedagtes met negatiewe denke soveel so dat ons harte dit later glo en ons hart oorneem. Beskerm jou hart deur jou gedagtes rondom God en sy Woord te vorm. So, wanneer jy so vol van God se Woord is, is dit makliker om deur gevoelens te veg en moedeloosheid te oorwin. Die probleem is dat die meeste mense nie vir vreugde wil veg nie. Die meeste mense wil nie opstaan en ‘n wilsbesluit maak om die moedeloosheid te vernietig nie. Vreugde kan op verskillende plekke gevind word, maar dis die vreugde wat in die Here gevind word wat jou sal deurdra. So die knoppie wat jy soek om vreugde “aan te skakel”, word aangesit deur tyd met God deur te bring en Hom te op te soek. Dis deur sy woorde wat jy die hoop vind. Dit is in sy woorde waar jy die antwoorde kry, dit is in sy woorde dat jy met vreugde gevul word, en om sy woorde te hoor moet jy naby Hom wees. Alles gaan ok wees! Verbly jouself in die Here!
Day 2Day 4

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy