Kruis Van LiefdeSample

Jy kan ’n ligdraer wees
Om met sagte oë en ’n lig-aangee-gesindheid na die wêreld en sy mense te kyk gebeur nie vanself nie. Ons natuurlike geaardheid is immers om krities en veroordelend te wees. Om raak te sien wat ander verkeerd doen, hoe onvolmaak hulle is. Waar hul swakhede lê. Dit laat ons mos soms so ’n bietjie beter oor onsself voel.
Totdat ons na die Man aan die kruis kyk en weet dat Hy ook mý krake so goed ken, maar steeds met deernis-oë na my kyk. Dat Hy al my stukkendwees raaksien, maar voortdurend sy vergifnis aanbied. Dat Hy my elke dag met nuwe genade omarm en sy onvoorwaardelike liefde onophoudelik oor my stort. Dán verstaan ek iets van die kruisliefde: van ’n mens se foute raaksien, maar tog begrip hê. Van iemand se ánders-wees besef, maar dit waardeer. Van kwaad word en weer vergewe, seerkry en heel word; van verskil, maar gemeenskaplike grond soek.
Om met sensitiewe oë te leef is ’n genade-reis waarin ek oor en oor na my Meester kyk en vra dat ek soos Hy sal wees. Dis ’n proses waarin ek gedurig sy liefde vir my sien, dit in sy Woord raaklees en dit in my hart vasvang, sodat ek sy lig sal aangee. Totdat my hart al hoe sagter teenoor ander word; ek met teerheid aan hulle sal dink. Sagte woorde spreek. Met sagte ore hoor. Die liefde lééf.
Mag die Lam jou vandag aanspoor om soos sagte reënbuie op ander se harte te wees.
Gee my u soort oë, Jesus.
Scripture
About this Plan

Jesus het ons stukkende wêreld kom heelmaak. Hy het aan moedeloses hoop gebring en aan sondaars vergifnis uitgedeel. En dit was aan die kruis dat Hy aan ’n selfsugtige wêreld kom wys het hoe géé lyk. Hy het die dood oorwin en léwe gebring. Vir ons altyd-lewe aangebied. Herontdek die kruis van liefde saam met Milanie Vosloo in hierdie 7-dag-leesplan uit SIMFONIE VAN SEËN.
More
Related Plans

Forever Forward in Hope

Film + Faith - Superheroes and the Bible

RETURN to ME: Reading With the People of God #16

How to Become a Real Disciple

Stop Living in Your Head: Capturing Those Dreams and Making Them a Reality

More Than a Feeling

Prayer: Chatting With God Like a Best Friend by Wycliffe Bible Translators

Contending for the Faith in a Compromised World

Launching a Business God's Way
