Kruis Van LiefdeSample

Laat Hy jou oor sy brug dra!
Verskietende pyn het van oral deur Hom gespyker terwyl Hy snakkend na asem nog ’n paar laaste heelword-woorde uiter. Spottend, laggend, tergend het hulle Hom verder verneder. Dis dan wanneer Hy bid: “Vader, vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.”
Hoe groot was die kloof tussen God en mens, tussen mens en mens op daardie stadium! En hoe breed die brug na die liefde wat Hy daar aan die kruis bou. ’n Onomstootbare brug wat vandag – hier waar ek en jy sukkel om na mense uit te reik – stééds daar is. Al wat dit vra, is die erkenning dat ek te swak is om die eerste tree na ander te gee en dan te vra: “Here, ek sukkel om uit te reik, stoei met aanvaarding en is dikwels nog te kwaad om oor die brug na ander te loop. Ek is vasgevang in my eie denke, my ego en dikwels ook my selfbejammering. Neem my weerstand-hart en lei hom met u soort geduld en genade na die ander kant van verstaan, deernis, uitreik … myself gee.”
Mag ek en jy die genade ontvang om keer op keer saam met Hom die pad van versoening te loop. Om brûe te bou tussen klowe. En so … liefde te wees.
O Vader, wees meer as die Brug. Dra my oor u brug-van-kruis-liefde.
Scripture
About this Plan

Jesus het ons stukkende wêreld kom heelmaak. Hy het aan moedeloses hoop gebring en aan sondaars vergifnis uitgedeel. En dit was aan die kruis dat Hy aan ’n selfsugtige wêreld kom wys het hoe géé lyk. Hy het die dood oorwin en léwe gebring. Vir ons altyd-lewe aangebied. Herontdek die kruis van liefde saam met Milanie Vosloo in hierdie 7-dag-leesplan uit SIMFONIE VAN SEËN.
More
Related Plans

Forever Forward in Hope

Film + Faith - Superheroes and the Bible

RETURN to ME: Reading With the People of God #16

How to Become a Real Disciple

Stop Living in Your Head: Capturing Those Dreams and Making Them a Reality

More Than a Feeling

Prayer: Chatting With God Like a Best Friend by Wycliffe Bible Translators

Contending for the Faith in a Compromised World

Launching a Business God's Way
