YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

kykNET Lydenstyd Gids 2023Sample

kykNET Lydenstyd Gids 2023

DAY 1 OF 39

### Voorbereidingsweek: > Suster Dood, > wat saam met my loop > in die stilte van my gebeente, > in die harmonie van 'n maatslag > wat eendag sal ophou. > Liewe hart, my hart, > jy dra in jou > die lewensritme: > wat eendag sal stil word. > Liewe hart, my hart, > om vir altyd stil te word? > om stof te wees, niks meer nie? > Om stof te wees, ongetwyfeld, > 'n sap wat voeding gee > aan woestynblomme . . . > Maar om stil te bly, nee. > Wat seker is: Stof > sal jy wees, geliefde stof. > Stof sal jy wees, geliefde stof. “ Enamoured Dust” deur Luis Carlos Herrera (Vrye vertaling) “Stof is jy, en jy sal weer stof word” (Gen. 3:19) . Die eerste dag van die Lydenstyd word Aswoensdag genoem. Op hierdie dag kom ons in aanraking met ons eie verganklikheid. In baie kerke is dit die gebruik om op Aswoensdag `n kruisie van as op jou voorkop te smeer. Hierdie as word gewoonlik gemaak van die verbrande palmblare van die vorige jaar se Palmsondag. Iets in elkeen van ons weet presies hoekom ons die as ontvang: “Stof is jy, en jy sal weer stof word.” Geen doktor in metafisika hoef dit te verduidelik nie. As is stof en stof is grond: lewe kom daarvandaan. Lewe keer ook terug na grond. Die Lydenstyd is 'n tydperk vir elkeen van ons om "in sak en as te sit". Om te treur oor ons gebrokenheid. Om dinge te laat vaar wat ons weerhou van ‘n lewe saam met God. Om te kies om nie te doen wat jy gewoonlik doen nie. Om te wag terwyl daar groei in ons plaasvind. En om eenvoudig stil te wees sodat God sy werk in ons kan doen. Doen dit: Staan ‘n tydjie af om saam met God te besluit hoe jy jouself vir Lydenstyd wil voorberei: > ·Waarvan wil jy minder doen, dalk in hierdie tydperk glad nie doen nie? > ·Waarvan wil jy meer doen, dalk ‘n geestelike oefening begin doen wat lewegewend vir jou is? > ·Waarvoor wil jy die Here vra vir die tydperk wat voorlê? Gebed om te herhaal: Here, gee my die genade om my eie verganklikheid te aanvaar.

Scripture

Day 2

About this Plan

kykNET Lydenstyd Gids 2023

Jy word genooi om die saligsprekinge van Jesus in jou lewe in te werk. Die Lydenstyd is dus ‘n tydperk om jou te vereenselwig met Jesus se lewe in lyding. Die saligsprekinge nooi ons om, saam met Jesus, op ‘n nuwe manier...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy