Wandel Deur Die GeesSample

Hou aan soek, hou aan klop
God kruip nie vir jou weg nie. Hy het eintlik die teenoorgestelde belowe: “Soek en julle sal kry.” God wil hê jy moet Hom ken, Hy wil hê jy moet Hom altyd in alles soek. Jy kan alles wat jy nodig het by Hom vind.
Wanneer Ek in jou bly, verander Ek jou hart – Ek gee vir jou die begeerte om God al hoe beter te ken. Wanneer jy Hom ken, begin jy dinge sien soos God dit sien. En jy het daardie perspektief nodig. Daar is baie probleme in die lewe, en die bedoeling was nooit dat jy die reis alleen aanpak nie. Ek is altyd by jou om jou te help en in God se perfekte wil te lei. God wil ’n verhouding met jou hê … een waarin jy Hom soek en Hy Hom aan jou openbaar. Hoe beter jy Hom ken, hoe meer sal Hy in jou hart en lewe werk. Jy moet Hom net soek … al wat jy hoef te doen, is om aan die deur van sy hart te klop en in sy warm omhelsing in te stap.
WAARHEID UIT DIE WOORD
Soek na die Here en sy krag. Hou aan om Hom te soek. 1 KRONIEKE 16:11
Scripture
About this Plan

As jy vandag oormoeg, oorwerk of sommer net oorweldig voel, is intieme gebedstyd saam met God net wat jy nodig het. Die 14 gebedsoordekings deur Cherie Hill uit haar dagboek WANDEL DEUR DIE GEES is geskryf as persoonlike boodskappe van die Heilige Gees aan jóú. Ons Voorspraak, Helper en Trooster is elke dag by ons en ons moet ons ons instel op sy stem en bemoediging.
More
Related Plans

FruitFULL - Faithfulness, Gentleness, and Self-Control - the Mature Expression of Faith

Praying Like Nehemiah in Difficult Times

Heart of Worship

How God Doubled Our Income in 18 Days

Discover the Holy Spirit - 5 Day Devotional

Judges | Chapter Summaries + Study Questions

The Lies We Believe: Beyond Quick Fixes to Real Freedom Part 2

Ruth | Chapter Summaries + Study Questions

Let Us Pray
