YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

BibleProject | Advent OordenkingsSample

BibleProject | Advent Oordenkings

DAY 11 OF 28

Die profeet Jesaja het uitgesien na die koms van die Vredevors wie se regering na ewige shalom sou lei. Jesaja se woorde is met die koms van Jesus vervul. Dis hoekom dit so betekenisvol is dat die engele Jesus se geboorte as “vrede op aarde” beskryf het. Lees: Lukas 2:8-14 Reflekteer: Hoekom dink jy het God die aankoms van die Koning aan naamlose herders aangekondig? Wat vertel hierdie jou van die karakter van God en sy Koninkryk? Stel jou voor dat jy daardie aand saam met die herders daar was. Hoe sou jy voel? Hoe sou jy reageer? Let op die woorde soos “hoogste” en “aarde” in die engel se aanbiddende aankondiging. Wat het van die hoogtes van die hemel af na die aarde gekom toe Jesus gebore is? Hoe is hierdie goeie nuus? Laat jou gedagtes jou lei om jou gevoelens van ontsag en dankbaarheid in 'n gebed uit te druk.

Scripture

Day 10Day 12

About this Plan

BibleProject | Advent Oordenkings

BibleProject het Advent Oordenkings ontwerp om individue, klein groepe en gesinne te inspireer om die advent, of die aankoms, van Jesus te vier. Hierdie vier-week plan sluit geanimeerde video's, kort opsommings en reflek...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy