YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

BibleProject | Advent OordenkingsSample

BibleProject | Advent Oordenkings

DAY 14 OF 28

Die apostel Paulus skryf sy brief aan die Filippense vanuit die tronk. Hy ken swaarkry, maar hy ken ook die vrede van God. Dit is omdat Bybelse vrede, soos hoop, gebaseer is op 'n persoon en nie op omstandighede nie. Paulus roep volgelinge om hulle te alle tye in God te verbly, om te bid, om dankie te sê, en om aan wat goed en waar is te dink. Paulus wys hoe hierdie gewoontes kan lei tot die ervaring van die vrede van God, selfs te midde van groot swaarkry. Lees: Filippense 4:1-9 Reflekteer: Maak 'n lys van al die instruksies wat Paulus in Filippense 4:1-9 gee (d.w.s. "staan vas in die Here," "leef in harmonie" ens.) Kyk na jou lys en dink oor hoe jy elkeen 'n gewoonte kan maak. Hoe sou daardie gewoontes prakties in jou daaglikse lewe lyk? Hoe dink jy kan daardie gewoontes uiteindelik tot 'n ondervinding van God se vrede lei? Hersien verse 7 en 9. Wat merk jy op? Wat vertel hierdie verse ons van die beskermende aard van God se vrede? Spreek sommer nou jou dankbaarheid uit vir sy beskerming.
Day 13Day 15

About this Plan

BibleProject | Advent Oordenkings

BibleProject het Advent Oordenkings ontwerp om individue, klein groepe en gesinne te inspireer om die advent, of die aankoms, van Jesus te vier. Hierdie vier-week plan sluit geanimeerde video's, kort opsommings en reflek...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy