In Die BeginSample

Lees: Genesis 9:18–29; Eksodus 13:3–5
SOAP: Genesis 9:26
"Verder het hy gesê: 'Prys die Here, die God van Sem! Kanaän moet Sem se slaaf wees.
Mag God aan Jafet 'n ruim woonplek gee, mag hy welkom wees in die tente van Sem.
Kanaän moet Jafet se slaaf wees.'”
Oordenking
Seëninge en vloek is ‘n belangrike tema in die boek Genesis. In Genesis hoofstuk 9 vervloek Noag sy seun Gam en seën sy seuns Sem en Jafet. Gam se optrede was onbetaamlik en oneerbiedig terwyl Sem en Jafet baie moeite gedoen het om hulle pa te eer en sy waardigheid te beskerm.
Op daardie oomblik gee God vir Noag insig in die toekomstige betrekkinge tussen sy nakomelinge. Moses, die grotendeels onbetwiste skrywer van Genesis, gebruik hierdie verhaal om te vertel hoe die optrede van Noag se seuns die reputasies en karaktertrekke van hulle nageslag sou beïnvloed. Sem was die voorvader van God se uitverkore volk, die Israeliete; Gam se afstammelinge, daarenteen, het bekend geraak het as die Kanaäniete, wie se land aan die Israeliete oorgegee is.
Hierdie verhaal gee ook vir ons insig oor hoe God wil hê dat sy volgelinge moet optree. Sem en Jafet was geseënd omdat hulle hul vader geëer het terwyl Gam vervloek is oor sy optrede. God se volk moet verdorwenheid ooreenkomstig sy Woord hanteer, nie vir hul eie gewin nie. Die regverdige gedrag van Sem en Jafet is beloon, nie net in hul leeftyd nie, maar ook vir hul nageslag.
Sem en Jafet se optrede het hulle as kinders van God gekenmerk. Dit was baie duidelik dat hulle gekies het om met God te wandel en sy opdragte te gehoorsaam. Noag het die Here geprys en Hom "die God van Sem!" genoem. As ons volgens God se waarheid leef en daagliks sy opdragte uitvoer, sal diegene om ons weet wie ons dien. As ons in pas is met die Gees maak ons God se naam groot.
Gebed
Here, U is God. Ek begeer dat my lewe 'n getuienis van u heerlikheid en goedheid sal wees. Maak my waaksaam vir versoeking en gee vir my ‘n uitweg. Laat my so lewe dat u Naam in alle omstandighede geëer en verheerlik word. U is waardig om geprys te word en ek wil U volg, nie die wêreld nie. In die Naam van Jesus. Amen.
Scripture
About this Plan

In die Begin is 'n ses weke lange Bybelstudie oor Genesis 1-11. Hierdie studie ondersoek die skeppingsverhaal, die oorsprong van die mensdom, die invloed van sonde op die wêreld, die onmiddelike belofte van verlossing, die redes vir die vloed, God se voorsiening vir Noag en sy familie, God se eerste verbond met die mensdom en die geslagsregister van die Messias.
More
Related Plans

Filled, Flourishing and Forward

Engaging in God’s Heart for the Nations: 30-Day Devotional

All That Glitters: What the Bible Teaches Us About Avoiding Financial Traps

Small Yes, Big Miracles: What the Story of the World's Most Downloaded Bible App Teaches Us

No More Mr. Nice Guy: Saying Goodbye to Doormat Christianity

____ for Christ - Salvation for All

Live Well | God's Plan for Your Wellbeing

THE BRAIN THAT SEEKS GOD: Neuroscience and Faith in Search of the Infinite

EquipHer Vol. 26: "How to Break the Cycle of Self-Sabotage"
