Kyknet Lydenstyd Gids 2022Sample

Jesus se dade gee gestalte aan sy woorde. Reg deur sy lewe het Hy altyd in vriendskap uitgereik na die mense rondom Hom. Mense van verskeie agtergronde het gemaklik en welkom gevoel in sy geselskap. Of dit nou ‘n ryk openbare figuur was, soos Saggeus, melaatses wat in geforseerde afsondering gewoon het, of kinders wat eenvoudig op sy skoot wou sit, almal was tuis by Hom. Hierdie interaksies met mense het dikwels rondom etenstye plaasgevind, wat in die Midde-Ooste ‘n besondere intieme vorm van omgang met mense was.
Die Suid-Afrikaanse teoloog, Albert Nolan, skryf oor die impak wat daardie etes op dié sou gehad het wat saam met Jesus aan tafel was: “Omdat Jesus as ‘n man van God en ‘n profeet gesien is, sou hulle hierdie vriendskapsgebaar geïnterpreteer het as God se goedkeuring. Hulle was vir God aanvaarbaar.” So gee Jesus gestalte aan die Heilige Een se allesomvattende liefde wat ons elkeen omvou.
Ter Nadenke
Memoriseer Johannes 15:5 vir hierdie week en laat God toe om daardeur met jou te praat.
Gebed
Here, laat my hart ontwaak tot U uitnodiging na vriendskap.
Die Boodskap vir jou Lewensreis
Daaglikse oordenking wat voortbou op die dag se tema
Scripture
About this Plan

Welkom op die Lydenstydreis. Tydens hierdie ervaring word jy genooi na ‘n paar ontwakings. Die doel van die reis is om te ontwaak tot die lewe. Lewe is God en lewe is saam met God. Ons gaan fokus op die ontwaking van myself, verlange, die lewe, vriendskap en roeping.
More
Related Plans

HEAL BOLDLY: Healing Is Holy Work - a 5-Day Devotional Journey for Women Ready to Heal, Grow, and Rise

Note to Self: Helpful Reminders for Healthier Relationships

Heart of Worship

Start Strong: 7 Prayers for Bold New Beginnings

Wellness Wahala: Faith, Fire, and Favor on Diplomatic Duty

LIVE BOLDLY: Embracing the Abundant Life You Were Born for - Embracing the Abundant Life You Were Born For

The Unworthy Parent: God’s Grace in Your Gaps

Whiskers & Prayers: Devotionals for Cat Lovers

Consciousness of God's Presence
