Kyknet Lydenstyd Gids 2022Sample

Om te groei in ons vriendskap met Jesus is noodsaaklik, want dis deur ons verhouding met hóm dat ons óók vir God ontmoet. Soos wat ons saam met Jesus loop, vind ons dat God altyd by ons is. Soos ons na Hom luister, hoor ons ook hoe God met ons praat. Soos ons Hom volg, lei Hy ons na die diepste dele van God se rivier van lewe. Die koninkryk van God is oral om ons, nét waar ons is, vrylik beskikbaar en toeganklik deur Jesus. Die wonderlike uitnodiging van die Christelike boodskap word duidelik — leer om elke dag in eenvoudige vertroue as een van Jesus se vriende te lewe, en Hy sal, deur sy geselskap, vir elkeen van ons die ewige en onvernietigbare lewe gee.
Om tot so ‘n verhouding toe te tree, moet ons éérs besluit om vriende te maak met Jesus. Ons raak nie net toevallig by so ‘n vriendskap met Hom betrokke nie. Om met Hom vriende te wees, soos om met enigiemand vriende te wees, vereis ‘n definitiewe, spesifieke keuse. Ons moet bewustelik besluit om na Hom toe te draai, ons lewens oop te stel vir sy teenwoordigheid, en onsself aan Hom toe te vertrou. Dis egter net die begin van die reis. Om te groei in ons vriendskap met Jesus neem tyd; vriendskap verdiep geleidelik deur baie verskillende stadiums. Maar dit moet íéwers begin.
Ter Nadenke
Doen vandag een ding by die werk, of by die huis, wat aan jou voorneme om as God se vriend te lewe, uitdrukking gee.
Gebed
Here, laat my hart ontwaak tot U uitnodiging na vriendskap.
Die Boodskap vir jou Lewensreis
Daaglikse oordenking wat voortbou op die dag se tema
Scripture
About this Plan

Welkom op die Lydenstydreis. Tydens hierdie ervaring word jy genooi na ‘n paar ontwakings. Die doel van die reis is om te ontwaak tot die lewe. Lewe is God en lewe is saam met God. Ons gaan fokus op die ontwaking van myself, verlange, die lewe, vriendskap en roeping.
More
Related Plans

Hear

Trusting God in the Unexpected

Filled, Flourishing and Forward

The Wonder of Grace | Devotional for Adults

Talking to God: A Guilt Free Guide to Prayer

The Otherness of God

Hard Fought Hallelujah: A 7-Day Study to Finding Faith in the Fight

Building Multicultural Churches

21 Days of Fasting and Prayer - Heaven Come Down
