Kyknet Lydenstyd Gids 2022Sample

Die aand voor sy teregstelling, het Jesus vir sy dissipels die kragtige illustrasie gegee van die wingerdstok en die lote (Sien Joh. 15:1-8). “Ek is die wingerdstok,” sê Hy vir sy dissipels; “ ... julle is die lote” (Joh 15:5). As sy volgelinge, moet hulle “in Hom bly”. Die Griekse woord wat hier gebruik word vir “bly”, word telkens in Johannes se evangelie gevind. Jesus wou nie nét gehad het dat hulle Hom moes dien as dissipels nie; Hy wou gehad het dat hulle in intieme vriendskap saam met Hom sou leef. Dit word selfs duideliker wanneer Hy ‘n paar oomblikke later vir hulle sê, “Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie ... Nee, Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het” (Joh. 15:15).
Hierdie beeld van die wingerdstok en die lote, ontbloot die diepte van intimiteit van hierdie Goddelike Vriendskap waartoe ons uitgenooi word. Jesus wil hê sy volgelinge moet in Hom bly, aanbly, vertoef en leef. Aan die begin van die evangelie van Johannes vra twee dissipels vir Jesus: “Waar gaan U tuis?” (Joh 1:38). Hulle wil hulle woning by Jesus maak. Ons word óók genooi om ons woning in Hom te maak, en Hom toe te laat om Syne in ons te maak.
Ter Nadenke
Neem ‘n paar oomblikke om alleen te wees. Plaas ‘n leë stoel langs joune. Verbeel jou Jesus, jou Goddelike Vriend, sit daar by jou. Deel met Hom wat jy ook al op die hart het. Luister na wat Hy dalk vir jou sê.
Gebed
Here, laat my hart ontwaak tot U uitnodiging na vriendskap.
Die Boodskap vir jou Lewensreis
Daaglikse oordenking wat voortbou op die dag se tema
Scripture
About this Plan

Welkom op die Lydenstydreis. Tydens hierdie ervaring word jy genooi na ‘n paar ontwakings. Die doel van die reis is om te ontwaak tot die lewe. Lewe is God en lewe is saam met God. Ons gaan fokus op die ontwaking van myself, verlange, die lewe, vriendskap en roeping.
More
Related Plans

HEAL BOLDLY: Healing Is Holy Work - a 5-Day Devotional Journey for Women Ready to Heal, Grow, and Rise

Note to Self: Helpful Reminders for Healthier Relationships

Heart of Worship

Start Strong: 7 Prayers for Bold New Beginnings

Wellness Wahala: Faith, Fire, and Favor on Diplomatic Duty

LIVE BOLDLY: Embracing the Abundant Life You Were Born for - Embracing the Abundant Life You Were Born For

The Unworthy Parent: God’s Grace in Your Gaps

Whiskers & Prayers: Devotionals for Cat Lovers

Consciousness of God's Presence
