YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Vrug: 'n Onvergeetlike leweSample

Vrug: 'n Onvergeetlike lewe

DAY 3 OF 10

Die Vrug van die Gees: Blydskap Galasiërs 5:22 AFR53: "Die vrug van die Gees is liefde, blydskap , vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing." Een van die begeertes wat diep binne elke mens leef is die begeerte na blydskap. Soms kan ons daardie begeerte sien as iets wat ons nie eintlik mag hê nie. Die probleem kom in wanneer ons blydskap sien as iets waarvoor ek moet werk of iets wat ek iewers in my lewe moet kry. Die Woord leer ons in Galasiërs 5 dat blydskap nie iets is wat ons moet word nie, maar dit is ‘n uitvloeisel van wie ons is. Die oomblik wat blydskap ‘n deel van my identiteit in Christus word, vind dit uitdrukking in my lewe, ten spyte van my huidige realiteite. Jesus is n perfekte voorbeeld hiervan. In Jesus se lewe en lering sien ons die volgende kenmerke oor blydskap: 1\. Alles gaan ten goede meewerk. Die beloftes van die Here bly ewig en dit sal nooit leeg terugkeer nie. Hebreërs 12 leer ons dat Jesus blydskap beleef het ten spyte van sy lyding aan die kruis, omdat Hy geweet het wat die beloning aan die einde sou wees. Die Here gaan alles ten goede laat meewerk. (Romeine 8:28) Hierdie belofte maak dat ons in hierdie wêreld ons blydskap kan beleef ten spyte van die seer en lyding wat partykeer oor ons pad kom. 2\. Blydskap is nie n tydelike ding nie. Johannes 16 leer ons dat ons harte vol blydskap sal wees en niemand sal ons blydskap van ons kan wegvat nie. Die oomblik as ons ons blydskap in Christus vind, kan geen mens se doen en late dit wegneem nie. Ons streef so maklik na oomblikke van blydskap en vergeet dat ons blydskap in elke oomblik kan beleef. Ewe skielik word elke dag, met al sy goeie en slegte oomblikke, ‘n geleentheid waar ek blydskap kan uitleef. 3\. Ons het reeds gewen. In Johannes 16 bevestig Jesus net weer dat Hy klaar die vyand oorwin het. Die wonderlike waarheid is dat ek en jy in daardie oorwinning ingesluit is. Soos ‘n sportspan blydskap in oorwinning vind, kan ek en jy blydskap in ‘n oorwinning vind wat nooit weggevat kan word nie. Jesus gebruik hierdie waarheid wanneer Hy bevestig dat ons verseker moeilike tye in die lewe gaan beleef, maar dat ons blydskap kan beleef, want Hy het reeds die oorwinning behaal. Horatio G. Spafford, 'n eiendomsmagnaat in die laat 1800’s, verloor tussen 1871 en 1873 al vyf sy kinders en alles waarvoor hy gewerk het. Op pad na sy vrou, wat die skipbreuk oorleef het, skryf hy een van die bekendste liedere in die geskiedenis: “When peace like a river, attendeth my way When sorrows like sea billows roll Whatever my lot, Thou hast taught me to say It is well, it is well, with my soul” Ons uitdaging vir jou vandag: Skryf elke oomblik in jou dag neer waarheen jy meer blydskap kon neem. Deel met jou naaste mense hoe blydskap prakties lyk in elke klein deeltjie van jou dag.
Day 2Day 4

About this Plan

Vrug: 'n Onvergeetlike lewe

Die Vrug van die Gees is ‘n studie wat ons begelei na ‘n ontdekking van God se karakter en hoe dit in ons lewens realiseer. Dit is eerstens die studie van Jesus se karakter. Dit is deur die Heilige Gees wat hierdie vrugt...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy