YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Vier jou vrou-weesSample

Vier jou vrou-wees

DAY 5 OF 7

Tyd vir rus Kyk, om ’n vrou te wees is om deel te wees van ’n baie besige en bedrywige spesie. Dis ’n geskarrel soos min. Jy moet jouself versorg en dan is daar nog manlief wat sy pond vleis eis. Daar’s klere wat gewas en gestryk moet word en die kos moet lekker en genoeg wees. Dan is daar nog die kinders met sport- en kultuuraktiwiteite wat skrik vir niks. En dan moet jy nog die baas ook gelukkig hou. ’n Baie belangrike deel van mens-wees en vrou-wees is egter glad nie genoem nie, naamlik rus, of om ’n bietjie af te skakel of, soos baie dit vandag noem, "me-time" . Dalk is dit broodnodig dat jy vir ’n slag hoor dat rus noodsaaklik is. "Me-time" is nie ’n luukse nie – nee, dis ’n noodsaaklikheid! Miskien is jy uitgeput of naby ’n punt van uitbranding. Hoor die Here as Hy vir jou sê dat jy spesiaal genoeg vir Hom is en dat jy moet rus. Jy kan nie jouself verwaarloos en dink jy kan en gaan oorvloedig lewe nie. Jy is vir die Here belangrik, en dat jy jou versorg deur ook goed te rus, is vir die Here belangrik. God self moes rus, lees ons in Genesis 2:2. Jy moet werklik besef dat rus deel is van God se plan vir die mens. Hou op om te dink dat "me-time" ’n luukse is en ook om skuldig te voel wanneer jy na jouself kyk deur te rus en te ontspan. Raak prakties en begin dinge in jou druk program inwerk, soos gereelde oefening. Die spreekwoord van “ ’n gesonde liggaam huisves ’n gesonde gees ” is baie waar. Die gevolg van te min rus, is angs en geweldige spanning. Begin jou program anders inkleur. Begin jouself ook in ag neem, want dis wat die Here van jou verwag en ook wat Hy vir jou gun. As jy die gedeelte in Lukas 10 oor Marta en Maria lees, sal jy verdere bevestiging kry dat die Here vir jou ook die “beste deel” in gedagte het. Hy wil baie graag hê dat jy moet kan afskakel, ophou skarrel en by die voete van Jesus moet gaan sit. Dis daar waar Hy jou wil versterk, bemoedig en vashou.
Day 4Day 6

About this Plan

Vier jou vrou-wees

Daar is so baie dinge vandag wat vroue “doodmaak”. Oor die volgende sewe dae wil ons jou waarsku teen die goed wat vroue se lewens wil verwoes, hulle vreugde en unieke vrou-wees wil steel. Jy kan egter altyd onthou: Jou ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy