YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Vier jou vrou-weesSample

Vier jou vrou-wees

DAY 1 OF 7

God is groter as jou probleme ’n Pessimis is iemand wat altyd die heel ergste verwag – in haar kop is die scenario’s wat verwag word altyd haelbuie in plaas van reënbuie. Sy slaan uit in koue sweet oor situasies wat sy verwag gaan kom. En die meeste van die tyd word haar oordeelsdag -gedagtes ook glad nie waar nie. Hoe moes Dawid gevoel het toe hy werklik voor Goliat te staan kom? Hy was klein en kort en Goliat was werklik ’n reuse reus. Ja, hier staan ’n reus in lewende lywe voor hom en lag hom uit. Hierdie is nie ’n kwessie van die probleem groter maak of iets verwag wat dalk nie eers gaan gebeur nie. O nee, hierdie is die harde werklikheid. Dawid weet egter presies hoe groot sy God is. In 1 Samuel 17:45 lees ons: “Jý kom na my toe met ’n dolk en ’n spies en ’n swaard, maar ék kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige, die God van die linies van Israel, wat jy verkleineer het.” Dis hierdie God vir wie jy kan sê Vader. Dis hierdie God wat die Almagtige genoem word. Dis hierdie God wat jou liefhet met ’n innige en passievolle liefde. Dis hierdie God wat jou aanmoedig om in Christus ’n oorwinnaar te wees en ’n oorvloedige lewe te lei ten spyte van moeilike en soms swaar tye in jou lewe. Dalk is die belangrike vraag wat ek en jy vir mekaar moet vra: Hoe groot is hierdie God van jou? Of dalk eerder: Hoe groot maak jy hierdie God van jou? Jesaja 41:13 sê so mooi: “Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand, Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie, Ék help jou.” Dalk is dit iets wat Dawid verstaan het. Hy weet sy God is groter as enige probleem en vir seker groter as enige reus. Wat ook al jou probleem is: Weet dat jou God groter is as dit. Weet dat jou God jou Vader is wat jou liefhet en vashou. Weet dat jou God jou sal dra as dit nodig is. Kyk optimisties in sy oë en leef met hoop!
Day 2

About this Plan

Vier jou vrou-wees

Daar is so baie dinge vandag wat vroue “doodmaak”. Oor die volgende sewe dae wil ons jou waarsku teen die goed wat vroue se lewens wil verwoes, hulle vreugde en unieke vrou-wees wil steel. Jy kan egter altyd onthou: Jou ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy