YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Vier jou vrou-weesSample

Vier jou vrou-wees

DAY 7 OF 7

Twee vaar beter as een Kom ons raak ongenaakbaar eerlik met mekaar: Ons is nog nie in die hemel nie. Nee, jy leef aan dié kant van die graf en hier gaan dit baie keer swaar, moeilik en sleg. Dit is hier waar jy leef waar die sondeval die wêreld getref het en vir grootskaalse onvolmaaktheid gesorg het. Ellende en teleurstellings is aan die orde van die dag. Daar is baie laste wat jy moet dra. Die goeie nuus is dat God medegelowiges oor jou pad bring om jou te help om hierdie laste te dra. Jesus het sy dissipels twee-twee uitgestuur ter wille van ondersteuning en omgee vir mekaar. Selfs Jesus het op pad na die kruis drie van sy dissipels met Hom saamgeneem na Getsemane. Ook Hy het mense naby Hom en by Hom nodig gehad ten tyde van ’n diep krisis. Prediker 4:9 stel sit so mooi: “Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets.” Ek is oortuig daarvan dat jy uit jou pad sal gaan om ander mense te help en by te staan. Ek is oortuig daarvan dat jy bereid is om ander mense se laste te help dra. God se opdrag sny egter na twee kante toe. Hy wil ook hê dat jy jou trots moet sluk en jou laste met ander moet deel. Hy wil hê dat jy sal toelaat dat ander jou ook bystaan en help in moeilike en tawwe tye. Leef ’n lewe binne God se wil: een van interafhanklikheid met ander mense. Leef ’n lewe waar die lede van die liggaam saam funksioneer en God só verheerlik. Hierdie oordenkings is saamgestel uit VROU-WEES deur Stephan Joubert en Johan Smith © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Day 6

About this Plan

Vier jou vrou-wees

Daar is so baie dinge vandag wat vroue “doodmaak”. Oor die volgende sewe dae wil ons jou waarsku teen die goed wat vroue se lewens wil verwoes, hulle vreugde en unieke vrou-wees wil steel. Jy kan egter altyd onthou: Jou ...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy