YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Handelinge: Die Heilige Gees Vrygestel in JouSample

Handelinge: Die Heilige Gees Vrygestel in Jou

DAY 7 OF 7

Lees en bespreek: Handelinge 6:1-6 en 7:51-60 ## Vrae vir Groepsbespreking of Persoonlike Studie 1\. Wanneer jy Handelinge 6:1-6 lees, wat tref jou as prioriteite vir Christenleiers? a. Waarom beskou jy hierdie dinge as prioriteite? Watter verse uit God se Woord ken jy wat bogenoemde as prioriteite sal onderskryf, of sal wys waarom hulle prioriteite is. Deel dit met die groep. b. Watter konflik het na vore gekom? c. Hoe is die konflik gehanteer? d. Watter soort manne moes gekies word? e. Wie was verantwoordelik vir hul verkiesing? f. Watter take is verrig nadat hulle verkies is? 2\. Wat het jy vandeesweek deur jou studie omtrent Stefanus geleer? 3\.  Was dit 'n wyse besluit van die gemeente om Stefanus te kies? Hoe weet jy dit? 4\.  Wat is die prioriteite vir die leiers van jou kerk of gemeente? a. Hoe word hierdie prioriteite geopenbaar? b. Wat beskou jou gemeente as prioriteite vir julle pastoor, predikant, priester, ouderlinge of gemeenteleiers? c. Watter soort hulp word daar aan die leierskap van julle kerk gebied? d. Watter kwalifikasies is in julle kerk nodig vir hierdie manne en vir julle ouderlinge en diakens? Word 1 Timoteus 3 op enige stadium in berekening gebring? 5\.  Wat het jy geleer omtrent die Joodse leiers, die lede van die Raad wat onder Romeinse heerskappy oor Israel geregeer het? 6\.  As jy kyk na die kontras tussen die ouderlinge en die diakens, die apostels, die gemeente en die Raad, wat het jy geleer oor hoe die kerk en sy lidmate behoort te funksioneer? ## Gedagte vir die Week Dit is só belangrik, geliefde, dat jy sal besef dat die grondslag van alles wat jy is en doen, die Woord van God is. Selfs jou gebede moet op God se Woord gebaseer wees. In Johannes 15:7 sê Jesus dat, as ons in Hom bly en sy Woord in ons, kan ons vra net wat ons wil hê en sal ons dit ontvang. Die Woord van God op sigself is egter nie genoeg nie. Dit is God se kommunikasie met jou, maar jy moet ook met Hom kommunikeer. Die Christelike godsdiens is ’n verhouding. Gebed en die Woord van God hou daardie verhouding in stand en voed dit. Daarom mag jy nie gebed en God se Woord verwaarloos nie, ongeag wat in jou lewe, of in die lewe van die kerk gebeur. Bowenal moet jy toesien dat jou leiers voldoende ondersteuning ontvang van manne wat vol van die Gees en wysheid is, sodat hulle hulself kan wy aan die noodsaaklikhede van gebed en die Woord van God. Hoe kan God se kerk sonder gebed bedryf word? Hoe kan sy skape met enigiets anders as die suiwer, onvervalste Woord van God gevoed word, as Johannes 17:17 sê dat dit hulle heilig omdat dit waarheid is? Bemoedig en ondersteun jul geestelike leiers, sodat hulle tyd het om hulself aan gebed en aan die Woord te kan toewy! Wees jy soos Stefanus — vol van die Gees en wysheid — ’n wysheid wat volg omdat jy God se Woord ken en sy wil in gebed soek, sodat jy kan weet watter werk God vir jou het. Indien jy verder wil studeer en die waarhede uit die boek van Handelinge wil ontdek, gaan na ons webtuiste en bestel die volledige studie: Handelinge: Die Heilige Gees Vrygestel In Jou. [ https://shop.precept.org.za/product/die-heilige-gees-vrygestel-jou/ ](https://shop.precept.org.za/product/die-heilige-gees-vrygestel-jou/)
Day 6

About this Plan

Handelinge: Die Heilige Gees Vrygestel in Jou

Weet jy wat dit beteken om "te wandel in die Gees"? Nou kan jy eerstehands uitvind wie die Heilige Gees is, aan wie Hy as gawe gegee word en hoe Hy sy verstommende funksie vervul. Die boek Handelinge is 'n goudmyn van on...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy