YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Filippense/Kolossense: Dat Ek Hom Mag KenSample

Filippense/Kolossense: Dat Ek Hom Mag Ken

DAY 5 OF 7

Lees Filippense 1:12-26. Wat leer jy uit hierdie gedeelte oor Paulus se omstandighede? Wat is aan die gebeur? Maak ‘n nuwe nota oop vir Filippense 1:12-26 en skryf jou insigte neer. Terwyl jy daarmee besig is, moet jy oplet na Paulus se reaksie. Hoe hanteer hy sy situasie en waarom? Wat — of wie — is Paulus se passie? Maak nou ‘n nuwe nota oop en lys in die nota wat jy leer van die verwysings na Hom in 1:1-26, oor Jesus Christus. Lees dan 1 Korintiërs 15:1-11. Hou in gedagte dat 1 Korintiërs ook deur Paulus geskryf is. Wat sou jy sê is die hoofpunte van die evangelie wat ons uit Filippense leer, en wat Paulus vasberade is om te verdedig? Lys hierdie punte in dieselfde nota. Toepassing: Vra vir die Here vandag vir ‘n kans om die evangelie met iemand te deel. Moenie vrees nie! Sy Gees is in jou en gee jou die krag om die goeie nuus te deel.
Day 4Day 6

About this Plan

Filippense/Kolossense: Dat Ek Hom Mag Ken

Waarom is dit dat mense so maklik mislei kan word aangaande geestelike sake ? In ’n tyd wanneer so baie mense beweer dat húlle al die antwoorde het, kan ons vind dat ons hopeloos verward is, en ’n verwronge begrip van Je...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy