Nader tot GodSample

Lees: Psalm 95:1-11, Job 38:4-5
SOAP: Job 38:4-5
Het jy al ooit 'n swak keuse gemaak ten opsigte van vriende wat jy gekies het? Job het beslis. Sy lyding was inderdaad fel. Hy het nie net sy besigheid, sy aardse besittings en sy gesondheid verloor nie, maar hy het sy kinders verloor; al tien van hulle op een slag. Hy was heeltemal onskuldig voor God. Sy vriende het van ander lande af gereis om hom te vertroos en te bemoedig. Vir sewe dae en nagte was hulle stil. Dit sou goed gewees het as hulle net by hom gesit het in sy pyn, in plaas van om hulle ongeërgde raad aan te bied. Inteendeel, dít wat hulle gedoen het, het veroorsaak dat Job God se aard en karakter, naamlik sy goedheid, in twyfel getrek het.
Dit is belangrik met wie ons ons tyd deurbring. Of ons dit besef of nie, ons vriende beïnvloed hoe ons onsself en vir God sien. Met wie ons ons tyd deurbring maak saak. Selfs in tye van die afwaartse spiraal van gedagtes, wys God sy getrouheid. Hy herbevestig ferm en tereg wie Hy is voor Job en sy vriende. Hy plaas Job liefdevol op sy plek as die een wat geskape is. Toe verander Hy die omstandighede van Job en gee hom oorvloedig meer as wat hy gehad het.
Here, ons dank U dat U nie verander nie. Selfs wanneer ons ontrou is, bly U getrou, want U kan Uself nie ontken nie. Dankie vir u goedgesindheid om ons op u tyd te herstel en ons te herinner aan u krag, goedheid en heiligheid. Amen.
Scripture
About this Plan

"Nader tot God: Leer om God se woord te bestudeer", sal jou lei deur Bybelstudiemetodes, en jou die hulpmiddels gee om jou te help groei in jou begrip van God se woord. Soos ons die belangrikheid van memorisering, waarneming, interpretasie, toepassing en gebed leer, sal ons begin om God se woord op nuwe wyses te sien en te verstaan.
More
Related Plans

The Wealth Transfer: 3 Hidden Truths Most Christians Miss

From Seed to Success: A 14-Day Journey of Faith, Growth & Fruit

Life IQ With Reverend Matthew Watley

Jesus Manages the Four Spaces of Anxiety

Pray for Japan

Risen With Christ: Embracing New Life With Jesus

The Morning Will Come: Finding Hope in Suffering

Who Is Jesus?

What Makes You Beautiful: A 7 Day Devotional
