Nader tot GodSample

Lees: Psalm 19:1-4, Psalm 96:10-13
SOAP: Psalm 96:10-13
Ek is nie seker van jou nie, maar vir my maak die driemalige melding van oordeel in hierdie verse my bang. Miskien is dit omdat ons ons eie sonde so goed ken. Ons weet dat ons eenvoudig nie aan God se standaard voldoen nie.
Maar hier sien ons dat die skepping in afwagting is op sy koms. Hoekom juig die skepping in afwagting? Moet ons vreesbevange of vreugdevol wees in ons afwagting op sy koms? Die antwoord hierop lê in hierdie waarheid: “deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom” (Jesaja 53:5). Daar is geen vrees meer vir diegene wat in Christus is nie. Al God se oordeel en gramskap is op sy geliefde Seun uitgestort. Jesus het die prys vir al ons sonde betaal. Ons kan heelhartig en met entoesiasme deel wees van die afwagting wat in hierdie Psalm uitgebeeld word.
Jesus het een keer gekom en volledige betaling vir sonde gebied. Hy kom weer om die wêreld te oordeel. Ons wat in Christus is kan jubel, want daar is geen straf meer oor vir sonde nie; net 'n glorieryke ontmoeting met ons Skepper, Verlosser en liefhebber van ons siele!
Dankie God, dat ons ten volle en volkome van u toorn gered is deur die opoffering van u Seun, Jesus aan die kruis. Ons wag met vreugdevolle en afwagtende harte op u wederkoms en ons ontmoeting met U! Amen.
Scripture
About this Plan

"Nader tot God: Leer om God se woord te bestudeer", sal jou lei deur Bybelstudiemetodes, en jou die hulpmiddels gee om jou te help groei in jou begrip van God se woord. Soos ons die belangrikheid van memorisering, waarneming, interpretasie, toepassing en gebed leer, sal ons begin om God se woord op nuwe wyses te sien en te verstaan.
More
Related Plans

Mom Guilt Meets Grace

Two-Year Chronological Bible Reading Plan (First Year-July)

Practical Ways to Love God & Others: Devotions for Girls (I Am Available)

Music: Revelation in Song

Philippians: Joy in Christ

Lessons From the Life of Abraham

What Now

Is ‘Making Money While You Sleep’ Biblical?

Spiritual FOMO Is a Thing
