Nader tot GodSample

Lees: Psalm 19:13-14, Jakobus 1:19-27
SOAP: Jakobus 1:25
Die reënboog na die vloed. Die steunpilaar langs die Jordaan. Pasga na die uittog uit slawerny in Egipte. God het deurlopend vir Israel tekens gegee, sodat hulle Hom nie sou vergeet nie. God wil nie hê dat ons moet vergeet wie Hy is nie, wat Hy vir ons gedoen het, of wat Hy gesê het nie. Hy roep ons om daders van sy woord te wees, sodat ons lewens in ‘n ongelowige wêreld, as getuienis van sy getrouheid kan dien.
Soms verg dit baie werk om te onthou. Dit is waarom Jakobus sy lesers aanmoedig om nie vergeetagtige luisteraars te wees nie. Ons is geneig om God se woord te ignoreer of te vergeet, selfs nadat ons dit bestudeer het. Terwyl ons ons na God se woord wend vir lering en bemoediging, laat ons ook die tekens van sy getrouheid onthou en sodoende ook ons eie gedenkpilare oprig.
Here, help ons om nie net u woord te lees nie, maar om dit uit te voer. Herinner ons deur die loop van ons dag aan u woorde. Help ons om ander rondom ons lief te hê, omdat ons weet dat wie nie hulle broer en suster wat hulle gesien het, liefhet nie, nie vir God, wat hulle nie gesien het nie, kan liefhê nie. Amen.
Scripture
About this Plan

"Nader tot God: Leer om God se woord te bestudeer", sal jou lei deur Bybelstudiemetodes, en jou die hulpmiddels gee om jou te help groei in jou begrip van God se woord. Soos ons die belangrikheid van memorisering, waarneming, interpretasie, toepassing en gebed leer, sal ons begin om God se woord op nuwe wyses te sien en te verstaan.
More
Related Plans

The Boom Squad: Young Hero Training

Lighting Up Our City Video 1: Relational Evangelism

Out of the Wilderness

Say Yes to Conviction!

UNPACK This...Being Patient With Ourselves and Each Other

Lasting Treasures From Loving God & Others: Devotions for Girls (I Am Available)

Seeds of Justice: Devotions From a Legacy of Faith and Justice

Liturgies for the Little Years

The Radiant Mom: 10 Days to a More Joyful, Christ-Centered Home
