YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Gesinspret met Kersfees deur Ewald & Beatrix van Rensburg Sample

Gesinspret met Kersfees deur Ewald & Beatrix van Rensburg

DAY 1 OF 5

Hoop: Die woema in jou wiele Beste en slegste Gee elkeen ’n kans om oor die beste en slegste oomblik van elkeen se dag te gesels. Waar het jy Jesus vandag ontmoet? Gesels met mekaar oor waar elkeen vandag vir Jesus ontmoet het, of oor iets of iemand wat jou aan Hom laat dink het. • Hoekom kan ’n mens jou hoop op God stel? • Oordink weer die woorde van vers 13. Watter gevoel ervaar jy as jy dit lees en hoor? • Bid dit ook sommer as die week se gebed. Hou daarmee vol totdat dit in jou hart kom nes maak en so deel van jou lewe word soos die bloed wat deur jou are vloei. Gedagte vir die dag Om sonder hoop te wees, is baie sleg. Maar Paulus voeg iets by in Efesiërs 2:12 (1953-vertaling): “. . . sonder hoop en sonder God in die wêreld.” Om sonder hoop te wees, is inderdaad om sonder God te wees en dit is sonder enige twyfel hel! Nog ’n aanhaling lui as volg: “Dit word al lankal gesê dat daar nie situasies is wat hopeloos is nie, daar is net mense wat oor daardie situasies hoop laat vaar het!” Dit laat ’n mens dink, nè? Die probleem lê nie by die situasies nie, maar by mense. Die Christelike hoop laat jou aanhou as jy wil ophou . . . dis die storie van Jesus-volgelinge. Augustinus, die ou kerkvader, het geglo hoop is die beste van die drie Christelike deugde. Geloof vertel ons dat God bestaan. Liefde vertel ons dat God goed is. Maar hoop vertel ons dat God doen wat Hy belowe! Hoop is ’n geskenk wat Jesus aan ons gee. Dit bevestig daar is nuwe lewe vir my en jou beskikbaar! Doen saam Wanneer laas het julle as gesin saam iets gedoen wat julle lekker laat lag het? Speel die week ’n speletjie wat julle kan laat lag. Iets wat ’n mens gewoonlik lekker laat lag is om sinne uit ’n tydskrif voor te lees terwyl jy jou tong met jou vingers vasknyp. Die ander moet dan raai wat jy gelees het. Bespreek na die speletjie hierdie vraag: Hoe gee lag en vreugde vir ons hoop? Gebed Liewe Here, help ons in hierdie maand van Desember, ’n tyd van gee, dat ons as gesinslede mekaar sal ondersteun en lief hê en sorg en deernis sal wys vir mense wat eensaam is of sonder hoop. Amen. Leef jou geloof Dink aan mense in julle omgewing wat mismoedig is en besluit saam hoe julle ’n bietjie hoop vir hulle gaan bring. Net vir ouers Die Britse leiers het die burgers tydens die Tweede Wêreldoorlog bemoedig en hoop gegee. Dit moet altyd julle houding as ouers wees.
Day 2

About this Plan

Gesinspret met Kersfees deur Ewald & Beatrix van Rensburg

Hierdie 5-dag-leesplan is ideaal vir Advent-oordenkings vir die hele familie en sal verhoudings, spanwerk, geduld en oorweging aanmoedig. Elke dag bevat Bybelverse, ’n geleentheid vir gesinslede om oor hulle dag te praat...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy