YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Gesinspret met Kersfees deur Ewald & Beatrix van Rensburg Sample

Gesinspret met Kersfees deur Ewald & Beatrix van Rensburg

DAY 3 OF 5

Woede Beste en slegste Gee elkeen ’n kans om oor die beste en slegste oomblik van elkeen se dag te gesels. Waar het jy Jesus vandag ontmoet? Gesels met mekaar oor waar elkeen vandag vir Jesus ontmoet het, of oor iets of iemand wat jou aan Hom laat dink het. Wat leer jy in die Bybelverse oor: • die gevare van woede? • die gevolge van woede? • die manier om woede te keer of te oorwin? Gedagte vir die dag Iemand het gesê: “’n Teesakkie versprei eers sy ware geur in warm water!” In die warm water van woede en sy groot boetie, weerwraak, sien ons soms ’n kant van onsself waarvan ons nie hou nie, waarvoor ons selfs skrik! Daar was eenkeer ’n seun wat gedurig sy humeur verloor het. Sy pa gee toe vir hom ’n sak spykers saam met die opdrag om elke keer wanneer hy sy humeur verloor, ’n spyker in die agterplaas se houtheining in te slaan. ’n Paar weke later, neem die pa sy seun aan die hand en saam stap hulle na die heining toe. Daar sê die pa vir sy seun: “Ek is trots op jou, seun, maar kyk na die gate in die heining. Die heining sal nooit weer dieselfde wees nie. As jy iets sê of doen wanneer jy kwaad is, los dit ’n merk, nes die spykers in die heining. ’n Wond wat deur woorde gemaak word, is net so sleg soos ’n regtige wond aan jou lyf.” Om genade te betoon is die reël van God se koninkryk. Daar is geen vergelding wat so volledig is soos vergifnis nie. Dis hoe ons as Jesus-volgelinge lewe! Doen saam Daar is baie maniere hoe ons kalm kan word as ons kwaad is. Dit is normaal om kwaad te word – dis ’n emosie waarmee God ons geskape het. Maar ons kan nie toelaat dat dit buite beheer raak, en ons gevolglik verkeerde, lelike dinge sê en mense aftakel en dinge breek nie. Hier is ’n paar idees wat kan help: • Loop weg en gaan blaas iewers anders stoom af. • Gaan slaan ’n kussing. • Dink aan ’n kalm plek. • Praat met iemand. • Gaan skop ’n bal. • Sing ’n liedjie of luister na musiek. • Teken prentjies. • Gaan draf of loop ’n ent. Gebed Here, U moet ons tog help dat woede nie die oorhand oor ons kry nie – sit ’n wag voor ons mond as ons kwaad word, hou wag oor wat ons in sulke oomblikke sê. In Jesus se Naam vra ons dit. Amen. Leef jou geloof Dink aan iemand wat een van julle kwaad gemaak het. Kom ooreen om vir die persoon te bid en Jesus te vra om die persoon te seën. Net vir ouers Leer vir jou kinders hoe om woede te hanteer en onthou dat hulle jou voorbeeld sal volg.
Day 2Day 4

About this Plan

Gesinspret met Kersfees deur Ewald & Beatrix van Rensburg

Hierdie 5-dag-leesplan is ideaal vir Advent-oordenkings vir die hele familie en sal verhoudings, spanwerk, geduld en oorweging aanmoedig. Elke dag bevat Bybelverse, ’n geleentheid vir gesinslede om oor hulle dag te praat...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy