YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Waarom Jesus? Sample

Waarom Jesus?

DAY 5 OF 5

Wat nou? 1\. Vertel iemand Dit is belangrik om iemand hiervan te vertel om die besluit wat jy geneem het, te onderstreep. Dit is dikwels slegs wanneer jy iemand vertel, dat dit vir jou ’n realiteit word. Dit is waarskynlik die beste om iemand te vertel wat jy weet saam met jou bly sal wees oor die nuus. 2\. Lees die Bybel Wanneer ons Jesus ontvang het en ons vertroue in Hom plaas, word ons kinders van God (Johannes 1:12). Hy is ons Hemelse Vader. Soos enige Vader, wil Hy ’n intieme verhouding met ons hê. Ons ontwikkel hierdie verhouding wanneer ons na Hom luister (primêr deur die Bybel) en wanneer ons in gebed met Hom praat. Die Bybel is die woord van God en dit sal baie help as jy elke dag ’n paar verse uit die evangelie van Johannes lees. Vra God om met jou te praat terwyl jy lees. 3\. Praat elke dag met God deur gebed Hierdie manier van bid deur jou hande te gebruik, help my baie: Die duim is eerste en dui op die heel belangrikste: om God te loof vir wie Hy is en wat Hy gedoen het. Die wysvinger gebruik ons om iemand tereg te wys. Vra vergifnis vir wat jy verkeerd gedoen het. Die middelvinger is die langste vinger en herinner ons daaraan dat die meeste tyd in gebed gebruik moet word om vir God dankie te sê – vir ons familie, vriende, gesondheid, ens. Die ringvinger is die swakste vinger, daarom bid ons nou vir mense wat swak of siek is of ons gebede en ondersteuning nodig het. Die pinkie is die laaste vinger, wat ons herinner dat ons eie behoeftes laaste moet kom. Bid nou vir jouself. 4\. Sluit by ’n kerk aan Dit is belangrik om deel te raak van ’n groep Christene wat bymekaar kom om God te aanbid, om te hoor wat God vir hulle wil sê, om mekaar te bemoedig en om vriende te maak. Die kerk moet ’n opwindende plek wees! Ek het vir die eerste keer ’n gebed soos die een op Dag 4 gebid op 16 Februarie 1974. Dit het my lewe verander. Dit is die beste en belangrikste ding wat ek nog ooit gedoen het. Ek vertrou dat dit vir jou dieselfde sal wees.
Day 4

About this Plan

Waarom Jesus?

Baie mense is vandag nog gefassineer deur Jesus. Waarom is daar soveel belangstelling in iemand wat 2 000 jaar gelede geleef het? Waarom sou mens die moeite doen om uit te vind? In hierdie vyfdag-leesplan, aangepas uit N...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy