YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Waarom Jesus? Sample

Waarom Jesus?

DAY 3 OF 5

Waarom nie? Wanneer iemand vir ons ’n geskenk gee, kan ons dit óf aanvaar, oopmaak en geniet, óf ons kan nee dankie sê. Dis hartseer dat baie mense verskonings maak om nie die geskenk te aanvaar wat God vir ons gee nie – vergifnis, vryheid en Sy Gees wat in ons woon. Hier is ’n paar verskonings: a) ‘Ek het God nie nodig nie’ Wanneer mense dit sê, beteken dit gewoonlik dat hulle dink dat hulle gelukkig is sonder God. Wat hulle nie besef nie, is dat ons grootste behoefte nie ‘geluk’ is nie, maar ‘vergifnis’. Ons het die keuse om te aanvaar dat Jesus vir ons sondes aan die kruis gesterf het, of anders sal ons eendag self die straf moet dra vir dit wat ons verkeerd gedoen het. b) ‘Daar is te veel om op te offer’ Soms plaas God Sy vinger op iets in ons lewens wat ons weet verkeerd is en wat ons sal moet opoffer as ons hierdie verhouding met God deur Jesus wil geniet. Maar ons moet onthou: God het ons lief. Hy vra ons slegs om dinge op te offer wat ons skade aandoen. Wat ons opoffer, is niks in vergelyking met wat ons ontvang nie. Die prys wat ons gaan betaal as ons kies om nie ’n Christen te wees nie, is baie groter as die prys wat ons betaal om ’n Christen te wees. Dit wat ons opoffer, is niks in vergelyking met wat Jesus opgeoffer het toe Hy aan die kruis vir ons sonde gesterf het nie. c) ‘Niks is verniet nie’ Dis te verstane dat mense dikwels dink niks is gratis in hierdie lewe nie. Wat hulle egter nie besef nie, is dat alhoewel dit vir ons gratis is, dit nie vir Jesus gratis was nie. Hy het met Sy eie bloed daarvoor betaal. d) ‘Ek is nie goed genoeg nie’ Die waarheid is dat niemand van ons goed genoeg is nie. Dit is juis die rede hoekom Jesus aarde toe gekom het. Hy het dit moontlik gemaak vir God om ons te aanvaar net soos ons is. e) ‘Ek sal dit nooit kan volhou nie’ Ons is reg om te dink dat ons nie op ons eie kan volhard nie maar die Gees van God, wat in ons kom woon, gee vir ons die krag en deursettingsvermoë om wel te volhard. f) ‘Ek sal dit later doen’ Dit is waarskynlik die mees algemene verskoning. Soms sê mense, ‘Ek weet dis waar, maar ek is nog nie gereed nie.’ Hoe langer ons uitstel, hoe moeiliker word dit en hoe meer mis ons. En, ons weet nie of ons nog ’n geleentheid sal kry nie.

Scripture

Day 2Day 4

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy