YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Waarom Jesus? Sample

Waarom Jesus?

DAY 1 OF 5

Wie is Jesus? Jesus is dié merkwaardigste man wat ooit geleef het. Hy is die middelpunt van ons beskawing. Ons noem selfs alles wat voor Hom gebeur het ‘voor Christus’ en alles wat na Hom gebeur het ‘na Christus’. Sommige mense dink Hy was maar net goed daarmee om mense in godsdiens te onderrig. Hierdie siening pas egter nie by die feite nie. a) Sy aansprake Jesus maak daarop aanspraak dat Hy die enigste Seun van God is – op gelyke voet met God. Hy sê Hy het die gesag om sonde te vergewe. Hy beweer selfs dat Hy eendag die wêreld sal oordeel en wat dan sal saak maak, is hoe ons op Hom gereageer het in hierdie lewe. C. S. Lewis wys daarop dat ‘’n man wat slegs ’n man was en dié soort dinge gesê het wat Jesus gesê het, nie ’n goeie morele leermeester kon wees nie. Hy sal óf kranksinnig moes wees óf ‘die duiwel uit die hel.’’ ‘Jy moet jou keuse maak,’ skryf hy. Óf Jesus was, en is, die Seun van God óf hy was kranksinnig of boos. b) Sy karakter Baie nie-Christene beskou Jesus as die hoogste voorbeeld van ’n onbaatsugtige lewe. Wat sy onderrig betref, is daar konsensus dat dit die suiwerste en beste ooit is wat oor menslike lippe gekom het. Vir C.S. Lewis was dit duidelik dat Hy nie kranksinnig of boos kon wees nie, daarom kom hy tot die slotsom dat, ‘hoe vreemd of angswekkend of onwaarskynlik dit ook al mag wees, moet ek die standpunt aanvaar dat Hy God was en is.’ c) Sy oorwinning oor die dood Die bewyse vir die fisiese opstanding is inderdaad baie sterk. Toe die dissipels na die graf gegaan het, was Jesus se liggaam nie daar nie. Oor die volgende ses weke, het meer as 500 mense Hom gesien. Die dissipels se lewens is verander, die Christelike kerk is gebore en groei met ’n dinamiese tempo. ’n Voormalige Lord Hoofregter van Engeland, Lord Darling, het die volgende oor die opstanding gesê: ‘Tot guns van die lewende waarheid, bestaan daar soveel oorweldigende bewyse, positief en negatief, feitelik, sowel as omstandigheidsgetuienis, dat geen intelligente jurie ’n uitspraak sou kon lewer dat die storie van die opstanding nie die waarheid is nie.’ Die enigste bevredigende verduideliking vir hierdie feite is dat Jesus inderdaad uit die dood opgewek is en dit bevestig dat Hy die Seun van God was en is.
Day 2

About this Plan

Waarom Jesus?

Baie mense is vandag nog gefassineer deur Jesus. Waarom is daar soveel belangstelling in iemand wat 2 000 jaar gelede geleef het? Waarom sou mens die moeite doen om uit te vind? In hierdie vyfdag-leesplan, aangepas uit N...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy