YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Jesus ruik na mirre en stofSample

Jesus ruik na mirre en stof

DAY 7 OF 7

# Na nat grond ’n Nuwe MacBook Pro. Dit is waarna Jesus ruik, het ’n vriend van my gesê. Hy is reg natuurlik, nuut is altyd lekker. ’n Nuwe MacBook Pro ruik ook baie spesiaal, blykbaar. Persoonlik is ek gek na daardie reuk van ’n nuwe motor. Die reuk van nat grond ruik ook so nuut. In ons stad kondig die reuk van die reën die begin van die somer aan. Grond wat omgedolwe kan word, reg vir plant en nuwe lewe. Die eerste beeld wat ons van God kry in die Bybel is ’n tuinier. God wat die tuin Eden vir die mens aanplant en dan sy hande in die modder sit om ’n mens te vorm. Hy is steeds die tuinier wat omgee vir sy tuin. God sorg. God gaan heelmaak, Hy het reeds begin. Dood en opstanding is in die heelal ingeskryf. Saad val in die grond en sterf voor die plantjie kan ontkiem. Die lente kom na die winter. Ons lewe van dag tot dag in ’n dood-en-opstandingsritme. Die lewe vervang heeltyd die dood, word uit die dood gebore. Ons verloor en kry by, ons groei uit seer, ons breek koring om brood te maak, die son kom na die reën en ons liggame voed die aarde na ons dood. Dit is asof van die dag dat Adam en Eva uit die tuin is, die hele skepping na die opstanding roep, en toe ons dit in Jesus sien, ken ons dit reeds. Natuurlik moes Jesus sterf en opstaan, dit is hoe die heelal werk, dit is hoe die lewe werk, dit is hoe ons dit ken. Ek het die opstanding nodig. Elke keer wanneer ek iemand seermaak, elke keer as ek droogmaak, as ek oneg is, elke keer as ek selfsugtig is. Dan het ek nodig dat die Gees in my my herinner dat ek reeds nuut is, dat ek Jesus s’n is. Ons wêreld het ’n opstanding nodig; nie ’n hartlongmasjien nie, maar ’n nuwe liggaam. Ons is die begin van daardie liggaam hier en nou en ons het werk om te doen.

Scripture

Day 6

About this Plan

Jesus ruik na mirre en stof

By sy geboorte het Jesus na mirre geruik; daarna lees ons weer by die kruisiging van mirre. Tussen krip en kruis en graf het Jesus na baie dinge geruik. As timmerman het Hy na hout geruik, by sy dissipels op die skuite h...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy