YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Jesus ruik na mirre en stofSample

Jesus ruik na mirre en stof

DAY 6 OF 7

# Na bloed Die woord sacrifice beteken om heilig ( sacri -) te maak (- fice ). Heiligheid is ’n verhoudingsterm. Om heilig te wees beteken nie om verwyderd en alleen te staan nie, maar eerder om in ’n goeie verhouding te staan. Mense wat skoon en rein is, mag en kan in verhouding met God staan. Wanneer jy heel was, mag jy in die tyd van Jesus deel gevorm het van die aanbidding en van die gemeenskap. Wanneer jy siek was, melaats was, heidens was, is jy uitgesluit. Om iets van vuil na skoon te kry, vra ’n offer, sacri-fice , heiligmaking. Hoeveel keer in ons lewens moes ons iets opoffer sodat lewe kan gebeur, vir onsself op ’n ander, beter manier, of vir iemand anders? Ouers ken van opoffer, van heiligmaking, om jou lewe te gee vir jou kind sodat hulle kan gaan van vuil na skoon, van onrein na rein, van buitestanders na ingesluit. Wat kos die heiligmaking van die hele skepping? Jesus se bloed is wat die krake in die heelal toemaak en regmaak. Jesus het die gebrokenheid, die seer, die sonde, die kwaad, die haat van die stukkende skepping op Hom geneem, sy Gees oorgegee, sy bloed uitgegiet. In ons plek. Jesus het ons plek gevat, ons prys betaal, ons pak gevat, ons sweephoue verduur. Ons spykers, skok, braak, spot, spoeg, naaktheid en verstotenheid het Hy alles op Hom geneem en dit in ons plek gedra. Jesus se bloed het ons heilig gemaak en ook die hele skepping, sodat alles saam God se heerlikheid kan weerkaats; sodat alles saam weer in harmonie met God kan wees; sodat ons kan terugkeer, kan omdraai en teruggaan na die tuin wat God aangeplant het; sodat ons saam met Hom in die koel aandlug kan wandel. ’n Plek waar ons nie skaam is nie, niks het om weg te steek nie, geen rede het om weg te kruip nie. ’n Ruimte waarin ons heel is en waarvan ons deel is.

Scripture

Day 5Day 7

About this Plan

Jesus ruik na mirre en stof

By sy geboorte het Jesus na mirre geruik; daarna lees ons weer by die kruisiging van mirre. Tussen krip en kruis en graf het Jesus na baie dinge geruik. As timmerman het Hy na hout geruik, by sy dissipels op die skuite h...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy