YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Jesus ruik na mirre en stofSample

Jesus ruik na mirre en stof

DAY 5 OF 7

# Na skaap Naby in die veld waar Jesus gebore is, was daar skaapwagters.  Herders was nie so romanties en eerbaar in die tyd van Jesus nie. Hulle het nie na die herders op die Kerskaartjies gelyk nie. Herders was gesien as uitvaagsels. Hulle was nie juis gereken nie, in so mate dat ’n herder nie eers in die hof mag getuig het nie. Betlehem was Josef se dorp van herkoms. Nêrens kon hulle plek kry om te slaap nie, selfs nie eens in die herberg nie. Hulle beland uiteindelik in die stal, heel moontlik ’n grot waar die diere gebly het. Hoe ruik ’n stal? Selfs al is dit skoon? Maria skenk toe geboorte aan haar eersteling tussen die reuk van strooi en dieremis in ’n donker stal. Sy draai hom styf in doeke toe en sit hom in die voerbak  neer. Betlehem in Hebreeus, beteken “huis van brood”. Bayt Lahm, in Arabies, het beteken: “huis van vleis”. In ’n tempelgesentreerde geloof het jou vergifnis afgehang van die offers wat daar gebring is. Die lammers wat die herders opgepas het was tempelskape. Lammers wat te koop sou wees in Jerusalem tydens die pasga. Daardie lammers het een pad gehad en dit was tempel toe om op die altaar geoffer te word en hulle bloed te gee. Hierdie lammers moes sonder liggaamsgebrek wees. Die herders het dus seker gemaak dat die lammers nie na geboorte seerkry nie. Daarom wanneer ’n lam gebore word, in een van die grotte wat as stalle gedien het, is hul blitsvinnig opgetel en styf in doeke toegedraai en saggies neergelê in die naaste veilige plek, ‘n krip. Die herders wat daar ingeloop het daardie aand toe Jesus gebore is, het iets gesien wat hulle geken het, ‘n offerlam in doeke toegedraai met die reuk van die stal wat aan Hom kleef. Die Redder wat vir almal gekom het, selfs skaapwagters.

Scripture

Day 4Day 6

About this Plan

Jesus ruik na mirre en stof

By sy geboorte het Jesus na mirre geruik; daarna lees ons weer by die kruisiging van mirre. Tussen krip en kruis en graf het Jesus na baie dinge geruik. As timmerman het Hy na hout geruik, by sy dissipels op die skuite h...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy