Beloftes van GodSample

Lees: Jesaja 40:8
SOAP: Jesaja 40:8
Jou mees waardevolle besitting is die ewige Woord van God. Geen vyand kan jou hart binnedring en jou beroof van die kragtige werk van God se Woord in jou nie. Jy kan jou gesondheid en jou pensioen verloor, maar die onverganklike saadjie van God se Woord sal altyd vrugte dra in jou lewe.
Hoe gesond is die tuin van jou hart vandag? Gee jy die Woord wat God in jou geplant het water? Enige tyd wat jy belê daarin om te groei in wysheid en kennis van die Waarheid, word goed bestee. Niks anders op jou doen-lysie is belangriker as om te groei in God se wysheid nie.
Here, plant U waarheid stewig in my hart en verstand. Ek wil nie my aandag laat aflei deur die onkruid van hierdie wêreld nie. Ontwortel enigiets in my wat my daarvan weerhou om ‘n vrugbare lewe te leef.
Amen.
Scripture
About this Plan

Het jy al ooit die gesegde: 'beloftes word gemaak om gebreek te word,' gehoor? Terwyl mense beloftes mag maak en dan breek, doen God wat Hy belowe. In hierdie vier weke-studie oor die beloftes van God sal ons kyk na hoe God belowe om: met jou te wees, jou te lei, te help en jou te onderhou. Hy is die ware Beloftehouer. God se beloftes is onfeilbaar, onveranderlik en waar.
More
Related Plans

Never Alone

Positive and Encouraging Thoughts for Women: A 5-Day Devotional From K-LOVE

Who Am I, Really? Discovering the You God Had in Mind

The Holy Spirit: God Among Us

Gospel-Based Conversations to Have With Your Preteen

Sharing Your Faith in the Workplace

The Bible in a Month

Reimagine Influence Through the Life of Lydia

Everyday Prayers for Christmas
