Beloftes van GodSample

Lees: Romeine 8:28
SOAP: Romeine 8:28
Vandag mag jy wonder hoekom God toegelaat het dat jy tragedie ervaar. Jy wil die Meester Storieverteller vertrou met al die wendings in jou lewe, maar hierdie situasie is verwarrend. Waarom het God toegelaat dat dit gebeur?
God skryf 'n epiese verlossingsverhaal, maar jy lees tans net een bladsy. Die Outeur en Voleinder van jou Geloof het reeds 'n skouspelagtige einde geskryf. Jy moet jouself net herinner daaraan dat Hy beter verhale skryf as jy. Elke verwarrende gebeurtenis het 'n meer skouspelagtige doel.
Jy kan God vertrou met die besonderhede van jou lewe. Daar is nie een sin van jou verhaal waarvan Hy nie bewus is nie. Gee vir hom die pen en laat Hom toe om jou te verras.
Here, ek wil U met my verhaal vertrou. Help my om te glo dat U elke stukkie detail ten goede laat uitwerk.
Amen.
Scripture
About this Plan

Het jy al ooit die gesegde: 'beloftes word gemaak om gebreek te word,' gehoor? Terwyl mense beloftes mag maak en dan breek, doen God wat Hy belowe. In hierdie vier weke-studie oor die beloftes van God sal ons kyk na hoe God belowe om: met jou te wees, jou te lei, te help en jou te onderhou. Hy is die ware Beloftehouer. God se beloftes is onfeilbaar, onveranderlik en waar.
More
Related Plans

Never Alone

Positive and Encouraging Thoughts for Women: A 5-Day Devotional From K-LOVE

Who Am I, Really? Discovering the You God Had in Mind

The Holy Spirit: God Among Us

Gospel-Based Conversations to Have With Your Preteen

Sharing Your Faith in the Workplace

The Bible in a Month

Reimagine Influence Through the Life of Lydia

Everyday Prayers for Christmas
