Beloftes van GodSample

Lees: Jakobus 1:5
SOAP: Jakobus 1:5
In moeilike tye moet ons na God draai en Hom vir wysheid vra. Ons vriende, ouers, baas en nuuskierige bure mag raad hê, maar net God weet en sien alles. Hy alleen kan ons treë met reg aandui en wys wat ons moet doen. As ons God se wil soek en wil leer ken, kan ons vertrou dat Hy ons altyd stap vir stap sal lei, terwyl ons Hom soek.
Is jou gedagtes nou so vol bekommernis omdat jy verward is oor moeilike omstandighede? Sit ‘n rukkie tyd opsy hierdie week om stil te wees by God met jou Bybel, ‘n pen en ‘n notaboek. Spandeer tyd daaraan om te bid en vra Hom om jou onderskeidingsvermoë te gee wanneer jy jou Bybel lees.
Here, ek het U wysheid nodig. Wys my wat ek nodig het om tot aksie oor te gaan. Gee my die deursettingsvermoë om dít wat my wandel met U terughou, te staak. Mag ek U stem duidelik hoor sê: "Dit is die pad. Wandel daar."
Amen.
Scripture
About this Plan

Het jy al ooit die gesegde: 'beloftes word gemaak om gebreek te word,' gehoor? Terwyl mense beloftes mag maak en dan breek, doen God wat Hy belowe. In hierdie vier weke-studie oor die beloftes van God sal ons kyk na hoe God belowe om: met jou te wees, jou te lei, te help en jou te onderhou. Hy is die ware Beloftehouer. God se beloftes is onfeilbaar, onveranderlik en waar.
More
Related Plans

More Than Money: A Devotional for Faith-Driven Impact Investors

Joshua | Chapter Summaries + Study Questions

Move With Joy: 3 Days of Exercise

Daughter, Arise: A 5-Day Devotional Journey to Identity, Confidence & Purpose

Unshaken: 7 Days to Find Peace in the Middle of Anxiety

Conversation Starters - Film + Faith - Redemption, Revenge & Justice

Living With Power

Called Out: Living the Mission

Mission Trip to Campus - Make Your College Years Count
