Beloftes van GodSample

Lees: Jesaja 58:11
SOAP: Jesaja 58:11
In Jesaja 58 verduidelik die profeet Jesaja hoe God ons ware aanbidding begeer. Hy smag daarna dat ons ons harte ten volle aan Hom sal gee en sal uitkyk vir geleenthede om dié wat seer het, te help. Wanneer ons Hom bo alles wil behaag, sal ons ‘n dieper intimiteit met Hom ervaar. Harte wat ten volle in Hom verheug, hoor sy leidende stem duideliker. Wanneer ons elke gebied van ons lewens oopmaak vir Sy leiding, gooi Hy die water van sy genade in ons moeë liggame.
Is jy vandag moeg? Spandeer ‘n paar stil oomblikke en nooi God uit om jou siel te verfris. Vra Hom om jou te versterk, om sagkens met jou hart te praat en om jou die weg te wys. Sit in aanbidding by jou Vader se fontein en neem ‘n diep teug.
Here, ek het U nodig om my te vul met meer van U. Wys my waarheen om te draai en gee my krag om vandag tegemoet te gaan.
Amen.
Scripture
About this Plan

Het jy al ooit die gesegde: 'beloftes word gemaak om gebreek te word,' gehoor? Terwyl mense beloftes mag maak en dan breek, doen God wat Hy belowe. In hierdie vier weke-studie oor die beloftes van God sal ons kyk na hoe God belowe om: met jou te wees, jou te lei, te help en jou te onderhou. Hy is die ware Beloftehouer. God se beloftes is onfeilbaar, onveranderlik en waar.
More
Related Plans

Never Alone

Positive and Encouraging Thoughts for Women: A 5-Day Devotional From K-LOVE

Who Am I, Really? Discovering the You God Had in Mind

The Holy Spirit: God Among Us

Gospel-Based Conversations to Have With Your Preteen

Sharing Your Faith in the Workplace

The Bible in a Month

Reimagine Influence Through the Life of Lydia

Everyday Prayers for Christmas
