JakobusSample

Lees: Jakobus 1:5-8
SOAP: Jakobus 1:5-8
Jakobus openbaar dat God die bron is van alle ware wysheid. Sy wysheid is nie weggesteek vir ons nie. Dit is geredelik en vrylik beskikbaar aan almal wat dit begeer, wanneer dit in geloof gevra en ontvang word. God se wysheid word in Sy Woord, die Bybel gevind. Die Bybel openbaar wie God is, God se plan van verlossing deur Jesus, en hoe onvolmaakte mense kan groei om godsvrugtige lewens te lei soos hulle meer soos Jesus word. Jakobus waarsku dat twyfel lei tot onstabiliteit en besluiteloosheid.
In watter omstandighede benodig jy God se wysheid? 'n Gelowige se stabiliteit tydens onseker tye kom uit onwankelbare vertroue en geloof in God se soewereiniteit, inherente goedheid en die perfekte wysheid wat in Sy Woord gevind word. In watter omstandighede worstel jy om God se goedheid te glo en te vertrou in Sy krag en soewereiniteit?
Vader God, ek dank U vir U perfekte, onveranderende en onuitblusbare wysheid. Here, help my om standvastig, onwankelbaar en gefokus op U te bly. Help my om U wysheid uit U Woord te soek, veral wanneer ek onsekerheid in die gesig staar. Hereinner my om my vertroue in U en U Woord te anker. In Jesus se naam. Amen.
Scripture
About this Plan

Die boek van Jakobus word dikwels vergelyk met die wysheidsliteratuur wat in Spreuke gevind word. Dit is 'n kort boek, maar is gevul met kragtige lesse oor 'n godsvrugtige lewe. In hierdie 4 weke Love God Greatly studie kyk ons dieper na God se wysheid oor lyding, die krag van gebed, die belangrikheid om die tong te beheer, en die gevare van rykdom. Jakobus daag ons uit om nie net te praat nie, maar om tot die daad oor te gaan; om ons geloof uit te leef in 'n moedige strewe na heiligheid. Maar omdat niemand van ons perfek is nie, is dit belangrik om Jakobus te lees deur die lens van die evangelie. Soos jy hierdie boek bestudeer, soek na die dinge waar jy tekortskiet en bely dit, word bemoedig deur Christus se oorvloedige genade en word gemotiveer om 'n godsvrugtige lewe te leef deur Sy krag en vir Sy glorie.
More
Related Plans

Lasting Treasures From Loving God & Others: Devotions for Girls (I Am Available)

WALKING in TRUE VICTORY (Sound Foundations for a Glorious Christian Life)

Lighting Up Our City Video 1: Relational Evangelism

The Radiant Mom: 10 Days to a More Joyful, Christ-Centered Home

Out of the Wilderness

Seeds of Justice: Devotions From a Legacy of Faith and Justice

UNPACK This...Being Patient With Ourselves and Each Other

The Boom Squad: Young Hero Training

Say Yes to Conviction!
