JakobusSample

Lees: Jakobus 1:12-15
SOAP: Jakobus 1:12-15
Jakobus herinner ons dat die persoon wat die beproewing van versoeking verduur en weerstaan, ryklik deur God geseën is. Hy herinner ons dat versoeking nie van God af kom nie. Versoeking kom van ons eie begeertes en hartstogte, die wêreld en die manipulasie van Satan. Ongelukkig is versoeking 'n realiteit vir elke gelowige. Maar God belowe 'n manier om te vlug van elke versoeking wat 'n gelowige mag teëkom, sodat ons dit kan deurstaan.
Watter versoeking worstel jy vandag mee? Wanneer gelowiges versoekings in die gesig staar, moet ons na Jesus kyk, wat sondeloos gebly het, ten spyte daarvan dat Hy aan elke versoeking wat aan die mens bekend is, blootgestel is. Ons ontken onsself, hardloop na Hom toe en soek ywerig Sy weg van ontvlugting wat belowe en verseker is. God gee Sy volgelinge krag om ‘nee’ te sê wanneer ons ‘ja’ wil sê.
Vader God, ek het U elke oomblik van die dag nodig. Ek dank U vir U beskerming en U voorsiening gedurende daardie tye wanneer versoeking ondraaglik voel. Gee my die gewilligheid en die krag om te weerstaan en te verduur. Here, maak U weg van ontvlugting duidelik. Wanneer ek struikel en toegee aan versoeking, herinner my dat U genade groter is as my sonde. In Jesus se naam. Amen.
Scripture
About this Plan

Die boek van Jakobus word dikwels vergelyk met die wysheidsliteratuur wat in Spreuke gevind word. Dit is 'n kort boek, maar is gevul met kragtige lesse oor 'n godsvrugtige lewe. In hierdie 4 weke Love God Greatly studie kyk ons dieper na God se wysheid oor lyding, die krag van gebed, die belangrikheid om die tong te beheer, en die gevare van rykdom. Jakobus daag ons uit om nie net te praat nie, maar om tot die daad oor te gaan; om ons geloof uit te leef in 'n moedige strewe na heiligheid. Maar omdat niemand van ons perfek is nie, is dit belangrik om Jakobus te lees deur die lens van die evangelie. Soos jy hierdie boek bestudeer, soek na die dinge waar jy tekortskiet en bely dit, word bemoedig deur Christus se oorvloedige genade en word gemotiveer om 'n godsvrugtige lewe te leef deur Sy krag en vir Sy glorie.
More
Related Plans

Lasting Treasures From Loving God & Others: Devotions for Girls (I Am Available)

WALKING in TRUE VICTORY (Sound Foundations for a Glorious Christian Life)

Lighting Up Our City Video 1: Relational Evangelism

The Radiant Mom: 10 Days to a More Joyful, Christ-Centered Home

Out of the Wilderness

Seeds of Justice: Devotions From a Legacy of Faith and Justice

UNPACK This...Being Patient With Ourselves and Each Other

The Boom Squad: Young Hero Training

Say Yes to Conviction!
