YouVersion Logo
Search Icon

JakobusSample

Jakobus

DAY 6 OF 27

Oordenkingsvrae:

1. Wat behoort beproewinge te produseer in die lewe van 'n Christen? Hoekom moet ons vreugdevol te wees te midde van beproewinge?

2. Hoekom is dit belangrik om met geloof te bid? Hoe is die persoon wat twyfel "onstabiel in al sy weë"?

3. Wat is die waarskuwing aan die rykes? Hoekom het hulle hierdie waarskuwing nodig?

4. Hoekom is dit verkeerd om te sê dat God ons versoek? Waar kom ons versoeking vandaan?

5. Wat is sommige van die goeie gawes wat jy in jou lewe het? As elke goeie gawe van God kom, hoe moet ons teenoor God reageer en hoe moet ons ons gawes hanteer? 

Scripture

About this Plan

Jakobus

Die boek van Jakobus word dikwels vergelyk met die wysheidsliteratuur wat in Spreuke gevind word. Dit is 'n kort boek, maar is gevul met kragtige lesse oor 'n godsvrugtige lewe. In hierdie 4 weke Love God Greatly studie kyk ons dieper na God se wysheid oor lyding, die krag van gebed, die belangrikheid om die tong te beheer, en die gevare van rykdom. Jakobus daag ons uit om nie net te praat nie, maar om tot die daad oor te gaan; om ons geloof uit te leef in 'n moedige strewe na heiligheid. Maar omdat niemand van ons perfek is nie, is dit belangrik om Jakobus te lees deur die lens van die evangelie. Soos jy hierdie boek bestudeer, soek na die dinge waar jy tekortskiet en bely dit, word bemoedig deur Christus se oorvloedige genade en word gemotiveer om 'n godsvrugtige lewe te leef deur Sy krag en vir Sy glorie.

More