Spreuke – eenjaarleesplanគំរូ

Spreuke – eenjaarleesplan

ថ្ងៃទី 40 ក្នុងចំណោម 365 ថ្ងៃ

‘n Mens kom egter net by ‘n halwe waarheid uit as jy haat wat sleg is. Jy moet ook kies om deur die Wysheid begelei te word om paraat te wees om sukses te kan behaal, en veral lief te wees om mag en gesag op die regte manier uit te oefen.

Weereens word die intellektuele kant van die wysheid – verstand, kennis, skranderheid (of diskresie) – beklemtoon, maar nie in die sin van ‘n akademiese, ivoortoring-aktiwiteit nie, eerder in die sin van die impak wat dit op ontsag vir God het en die gedrag wat ‘n fokus op God tot gevolg het. Wysheid is toegepaste kennis, vindingrykheid, kennis wat met onderskeiding en finesse in die lewe aangewend word.

Daarom word die wysheid in vers 17 gepersonifieer as ’n begeleier van regeerders en regters in geregtigheid. “Ek het dié lief wat my liefhet, en die wat my soek, sal my vind.” Dit beeld God uit as Iemand wat graag gee vir dié wat na wysheid, dit wil sê na Hom, soek. En let op wat die Wysheid in vers 18 sê: “ Welvaart en eer is by my, bestendige rykdom en geregtigheid.” Wysheid bring dus welvaart en permanensie, soos ons al vroeër gelees het (Spreuke3:13-18).

‘n Diep geestelike perspektief skemer hier deur, dat dit uiteindelik oor die Gewer van die gawes gaan, oor God self, nie net oor die gawes as sodanig nie. In die Nuwe Testament brei Paulus verder hierop uit deurdat Hy ons leer dat selfs die dood ons nie van God verwyder nie, omdat die bewussyn van God en die verhouding met Hom eintlik alles troef (Romeine 8:31-39).

អត្ថបទគម្ពីរ

អំពី​គម្រោងអាន​នេះ

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More