Handelinge - In Sy Krag: Gister en Vandagគំរូ

Handelinge - In Sy Krag: Gister en Vandag

ថ្ងៃទី 38 ក្នុងចំណោម 44 ថ្ងៃ

Lees: Handelinge 24

SOAP: Handelinge 24:15–16

Hoop op die opstanding is die spilpunt waarom die Christelike geloof draai. Die opstanding van Christus het alles verander, van ons geestelike status tot ons ewige toekoms. Christus was die eerste wat uit die dood opgestaan het, en ons sal ook na ons dood weer opstaan. Ons ewigheid hang van ons geloof in Christus af en sy regverdigmaking word aan ons gegee as ons glo. 

Paulus het elke dag in die lig van die realiteit van die opstanding geleef. Hy het op ‘n grondslag van voortdurende bekering geleef en het aanhoudend sy sondes teenoor God bely. Hy het ook op so ‘n manier geleef dat hy geskille vinnig opgelos het, onmiddellik jammer gesê het en ander vergewe het. 

Wanneer ons hoop op God is, kan ons met vertroue leef, dat ons ook opstanding sal ervaar. As ons in die lig van die werklikheid van die komende opstanding leef, kan ons Paulus se voorbeeld van bekering en vergifnis navolg. Mag ons met ‘n skoon gewete leef, nie omdat ons nie vergewe sal word as ons ons nie bekeer nie, maar omdat bekering en vergifnis ons as volgelinge van Christus onderskei. 

Here Jesus, ek loof U dat U die ewige lewe bied deur geloof in U. Help my om elke dag in die realiteit van die opstanding te leef. Ek glo dat ek weer opgewek sal word en vir ewig saam met U sal lewe. Help my om my gou te bekeer en bereid te wees om te vergewe. Amen.

អត្ថបទគម្ពីរ

ថ្ងៃ 37ថ្ងៃ 39

អំពី​គម្រោងអាន​នេះ

Handelinge - In Sy Krag: Gister en Vandag

In Sy Krag: Gister en Vandag, is 'n in-diepte studie van die boek Handelinge. Soos ons die vroeë kerk en die verspreiding van die evangelie bestudeer, hoop ons om bemoediging en krag te vind om voort te gaan om die evangelie in ons invloedsfere te versprei. God het die vroeë kerk bemagtig om die evangelie elke dag te versprei en Hy doen dieselfde vir ons, selfs nou.

More