Handelinge - In Sy Krag: Gister en Vandagគំរូ

Lees: Handelinge 8:4–40
SOAP: Handelinge 8:12–13
Simon was ‘n baie bekende man in Samaria. Hy was ‘n towenaar en het baie aanhangers gehad, wat ag geslaan het op wat hy doen en sê. Simon was baie invloedryk in die stad vanweë die toorkunste wat hy uitgevoer het.
Toe Filippus die naam van Jesus in Samaria verkondig het, het baie mense geglo. Die inwoners van Samaria was gewoond daaraan om wondertekens te sien as gevolg van Simon se toorkuns., maar daardie wondertekens was niks in vergelyking met die wonderwerke wat Filippus en die ander volgelinge van Jesus in die stad gedoen het nie. Die werk van God was nie toorkuns nie. Dit was die ware krag van die Heilige Gees wat lewens, harte en stede verander het. Daar is niks magies daaroor nie, maar dit is niks minder as wonderbaarlik nie.
Die waarheid van die evangelie is groter as enigiets wat ons al in ons lewens teëgekom het. Dit verander lewens, harte, stede en nasies. Wanneer ons waarlik glo dat Jesus is wie Hy sê Hy is, word ons lewens verander. Die evangelie is kragtig. Dit was kragtig genoeg om die lewens van baie mense in Samaria te verander en dit is kragtig genoeg om jou lewe en omstandighede te verander.
Jesus, ek glo dat U die Seun van God is. Ek glo dat u evangelie waar is en transformerende krag het. Ek glo dat U lewens kan verander, ook myne. Ek vertrou vandag my omstandighede aan U toe. U alleen kan lewens en harte verander. In u Naam, amen.
អត្ថបទគម្ពីរ
អំពីគម្រោងអាននេះ

In Sy Krag: Gister en Vandag, is 'n in-diepte studie van die boek Handelinge. Soos ons die vroeë kerk en die verspreiding van die evangelie bestudeer, hoop ons om bemoediging en krag te vind om voort te gaan om die evangelie in ons invloedsfere te versprei. God het die vroeë kerk bemagtig om die evangelie elke dag te versprei en Hy doen dieselfde vir ons, selfs nou.
More