YouVersion Logo
Search Icon

Numeri 29

29
Offers tydens die nuwejaarsfees
1“Op die eerste dag van die sewende maand moet julle vir ’n spesiale lofprysingsgeleentheid bymekaarkom. Op daardie dag mag niemand werk nie. Dit is ’n dag waarop julle moet feesvier. 2Dan moet julle vir die Here ’n brandoffer bring van ’n jong bul, ’n ram en sewe jaaroud rammetjies wat niks makeer nie. 3Saam met die bul moet julle ’n graanoffer van drie kilogram meel wat met olyfolie gemeng is, offer, saam met elke ram twee kilogram 4en saam met elke lam een kilogram. 5Dan moet julle ook ’n bokram offer as ’n sondeoffer om vergifnis te vra vir die volk se sonde. 6Die gereelde maandelikse en daaglikse brandoffers, met hulle graan- en drankoffers, moet egter nog steeds gebring word. Dit is die soort offers waarvan die Here hou en wat Hy aanvaar.”
Offers op die dag waarop versoening
gedoen word vir die volk se sondes
7“Op die tiende dag van die sewende maand moet julle weer vir ’n besondere lofprysingsgeleentheid bymekaarkom. Op dié dag moet julle oor julle sonde nadink en dit voor My bely. Niemand mag op dié dag werk nie. 8Julle moet vir die Here ’n brandoffer bring van ’n jong bul, ’n ram en sewe jaaroud rammetjies wat niks makeer nie. 9Saam met die bul moet julle ’n graanoffer bring van drie kilogram meel wat met olyfolie gemeng is, saam met die ram twee kilogram 10en saam met elke lam een kilogram. 11Dan moet julle ook ’n bokram offer as ’n sondeoffer om vergifnis te vra vir die volk se sonde. Dit is bo en behalwe die gewone sondeoffer wat julle bring om vergifnis te vra vir julle sonde, asook die brandoffers met die graan- en drankoffers.”
Offers tydens die huttefees
12“Op die vyftiende dag van die sewende maand moet julle vir ’n spesiale lofprysingsgeleentheid bymekaarkom. Op daardie dag mag niemand werk nie. Dit is die begin van die huttefees, ’n fees tot eer van die Here om dankie te sê vir sy goedheid en sorg. Dit hou sewe dae lank aan. 13Julle moet vir die Here ’n brandoffer bring van dertien jong bulle, twee ramme en veertien jaaroud rammetjies wat heeltemal gesond is. 14Saam met elke bul moet julle ’n graanoffer bring van drie kilogram meel wat met olyfolie gemeng is, saam met elke ram twee kilogram 15en saam met elke lam een kilogram. Die gewone drankoffers hoort natuurlik ook hierby. 16Dan moet julle ook ’n bokram offer om vergifnis te vra vir die volk se sonde. Behalwe hierdie offers moet die daaglikse brandoffers, met hulle graan- en drankoffers, steeds gebring word.
17“Op die tweede dag van die fees moet julle twaalf jong bulle, twee ramme en veertien jaaroud rammetjies wat niks makeer nie, offer. 18Daarmee saam moet julle ook die graan- en drankoffers bring. 19Dan moet julle ook ’n bokram offer om vergifnis te vra vir die volk se sonde. Die normale daaglikse brandoffers, met hulle graan- en drankoffers, moet ook steeds gebring word.
20“Op die derde dag van die fees moet julle elf jong bulle, twee ramme en veertien jaaroud rammetjies wat niks makeer nie, offer. 21Daarmee saam moet julle ook die graan- en drankoffers offer. 22Dan moet julle ook ’n bokram offer om vergifnis te vra vir die volk se sonde. Die gereelde daaglikse brandoffers, met die graan en drankoffers, moet ook steeds gebring word.
23“Op die vierde dag van die fees moet julle tien jong bulle, twee ramme en veertien jaaroud rammetjies wat niks makeer nie, offer. 24Verder moet julle ook die voorgeskrewe graan- en drankoffers offer. 25Dan moet julle ook ’n bokram offer om vergifnis te vra vir die volk se sonde. Die gereelde daaglikse brandoffers moet ook nog steeds gebring word.
26“Op die vyfde dag van die fees moet julle nege jong bulle, twee ramme en veertien jaaroud rammetjies wat niks makeer nie, offer. 27Daarmee saam moet julle ook die graan- en drankoffers offer. 28Dan moet julle ook ’n bokram offer om vergifnis te vra vir die volk se sonde. Die gereelde daaglikse brandoffers moet steeds gebring word.
29“Op die sesde dag van die fees moet julle agt jong bulle, twee ramme en veertien jaaroud rammetjies wat gesond is, offer. 30Daarmee saam moet julle ook die graan- en drankoffers offer. 31Dan moet julle ook ’n bokram offer as ’n sondeoffer om vergifnis te vra vir die volk se sonde. Die gereelde daaglikse brandoffers moet ook nog gebring word.
32“Op die sewende dag van die fees moet julle sewe jong bulle, twee ramme en veertien jaaroud rammetjies wat niks makeer nie, offer. 33Julle moet ook die graan- en drankoffers offer. 34Dan moet julle ook ’n bokram offer om vergifnis te vra vir die volk se sonde. Die gereelde daaglikse brandoffers moet steeds gebring word.
35“Die agtste dag moet julle ook nog feesvier. Niemand mag enige werk doen nie. 36Die brandoffer wat julle op dié dag vir die Here moet bring, is ’n jong bul, ’n ram en sewe jaaroud rammetjies wat niks makeer nie. 37Bring ook die graan- en drankoffers. 38Dan moet julle ook ’n bokram offer om vergifnis te vra vir die volk se sonde. Die gereelde daaglikse brandoffers moet ook gebring word.
39“Dit is die lys brandoffers, graanoffers, drankoffers en eteoffers wat julle vir die Here moet offer op die vasgestelde feesdae. Hierby kom ook nog die gelofteoffers en vrywillige offers wat enige persoon enige tyd mag bring.”
40Moses het dit alles vir die Israeliete gesê net soos die Here dit aan hom oorgedra het.

Currently Selected:

Numeri 29: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy