YouVersion Logo
Search Icon

Numeri 30

30
Voorskrifte oor beloftes
1Moses het die leiers van die stamme bymekaar laat kom en vir hulle gesê: “Hier is nog opdragte van die Here: 2As iemand ’n belofte aan die Here maak of onder eed iets belowe, mag hy nie sy woord breek nie; hy moet presies doen wat hy gesê het.
3“As ’n jongmeisie voor haar troue terwyl sy nog in haar ouerhuis woon, ’n belofte aan die Here maak of iets onder eed belowe, 4en haar pa kom hiervan te hore en hy sê niks daarvan nie, bly al die beloftes of verpligtings geldig. 5Maar as haar pa daarvan hoor en dit dadelik stopsit, is al haar beloftes ongeldig. Die Here sal haar nie aan haar woord hou nie omdat haar pa haar gekeer het om te doen wat sy belowe het.
6“Dit kan gebeur dat ’n ongetroude meisie ’n oorhaastige belofte aan die Here gemaak het voordat sy trou. 7As haar man daarvan te hore kom en hy sê niks nie, bly hierdie beloftes staan. 8Maar as haar man dit dadelik afkeur sodra hy daarvan hoor, is die beloftes wat sy gemaak het, ongeldig. Die Here sal haar nie daaraan hou nie.
9“As ’n weduwee of ’n geskeide vrou ’n belofte aflê of ’n eed sweer voor die Here, bly dit van krag.
10“As ’n getroude vrou ’n belofte aan die Here maak of iets onder eed belowe 11en haar man hoor hiervan en hy sê niks daarvan nie, bly al die beloftes wat sy gemaak het, geldig. 12Maar as haar man dit nietig verklaar, is die beloftes wat sy gemaak het, ongeldig. Die Here sal dit nie teen haar hou nie omdat haar man haar gekeer het om te doen wat sy belowe het. 13Haar man het die reg om enige belofte of eed wat sy aflê, nietig te verklaar. 14As hy egter nie teen die volgende dag, nadat hy van die belofte of eed gehoor het, beswaar maak nie, moet sy haar beloftes nakom. Want as hy stilbly, dan keur hy haar beloftes aan die Here goed. 15As hy wel van haar belofte gehoor het en eers later beswaar maak, sal hy die verantwoordelikheid vir haar skuld dra.”
16Dié reëls het die Here vir Moses gegee in verband met die verantwoordelikhede wat ’n getroude man oor sy vrou se beloftes het, asook oor sy ongetroude dogter se beloftes.

Currently Selected:

Numeri 30: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy