YouVersion Logo
Search Icon

Numeri 25

25
Israel begin afgode dien
1Terwyl die Israeliete by Sittim gekamp het, het party mans seksuele verhoudings met die Moabitiese vroue van daardie omgewing aangeknoop. 2Hierdie vroue het hulle uitgenooi om die offerfeeste ter ere van hulle afgode by te woon. Hulle het gegaan en saam met hulle geëet en hulle gode aanbid. 3Dit het gemaak dat Israel die Moabitiese god, Baäl-Peor, begin aanbid het. Hieroor was die Here baie kwaad vir die Israeliete. 4Hy het vir Moses gesê: “Vat al die leiers van hierdie mans en hang hulle buite voor my woonplek op. Dan sal my woede bedaar.”
5Moses het toe vir die leiers van Israel gesê: “Elkeen van julle moet die mense van julle stamme wat aanhangers van Baäl-Peor geword het, doodmaak.”
6Moses en ’n klomp Israeliete was juis besig om by die ingang van die tent waar die Here aanbid word, te staan en huil oor alles wat gebeur het, toe ’n Israelitiese man ewe onbeskaamd met ’n Midianitiese vrou daar aankom. Hy is saam met haar in sy tent in waar almal dit kon sien. 7Eleasar se seun Pinehas, Aäron se kleinseun, het dit ook gesien. Hy het opgestaan, ’n spies gevat 8en die twee die tent in gevolg. Daar het hy die spies deur hulle al twee gesteek. Nadat hy dit gedoen het, het die siekte-epidemie waarmee die Here die Israeliete gestraf het, skielik opgehou. 9In daardie stadium was daar reeds 24 000 mense in die epidemie dood.
10Die Here het toe vir Moses gesê: 11“Dit is as gevolg van Pinehas se optrede dat Ek nie meer vir julle kwaad is nie. Hy het geweier dat my eer aangetas word en dat die volk ’n ander god aanbid. Daarom het Ek nie die volk vernietig soos Ek wou nie. 12Sê vir hom dat Ek met hom ’n ooreenkoms aangaan wat vir hom vir altyd voordeel inhou. 13Ek belowe dat hy en sy nageslag vir altyd priesters in my diens sal wees, want hy het vir my Naam opgekom. Hy het vir die volk by My ingetree en gekeer dat Ek hulle vir hulle sonde straf.”
14Die Israelitiese man wat saam met die Midianitiese vrou doodgemaak is, se naam was Simri. Hy was die seun van Salu, ’n belangrike man uit die stam van Simeon. 15Die Midianitiese vrou wat doodgemaak is, se naam was Kosbi, die dogter van Sur, wat ’n stamhoof van Midian was.
16Die Here het vir Moses gesê: 17“Julle moet die Midianiete aanval en doodmaak, 18want kyk hoe het hulle julle mislei om Baäl-Peor te aanbid en sondes te doen soos dié met Kosbi, die Midianitiese stamhoof se dogter, wat doodgemaak is op die dag toe die epidemie opgehou het.”

Currently Selected:

Numeri 25: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy