YouVersion Logo
Search Icon

Numeri 26

26
Die tweede sensusopname
1Na die siekte-epidemie het die Here vir Moses en vir Eleasar, Aäron se seun, gesê: 2“Tel nou die hele volk. Julle moet al die mans van elke stam tel wat twintig jaar en ouer is en wat geskik is vir militêre diens.”
3-4In daardie stadium was die Israeliete se kamp in die vlakte van Moab, langs die Jordaanrivier, regoor Jerigo. Moses en Eleasar het toe die leiers beveel om so ’n opname te maak, presies soos die Here voorgeskryf het. Hier volg nou ’n lys van die Israeliete wat lank terug reeds uit Egipte weg is.
5Ruben was die oudste seun van Israel: die Rubenfamilies was dié van Ganok, 6Gesron en Karmi. 7Die Rubenfamilies was altesaam 43 730 man. 8Pallu se seun was Eliab, 9en sy seuns was Nemuel, Datan en Abiram. Dit was dié Datan en Abiram wat as leiers deur die vergadering verkies was, maar wat saam met Korag en sy trawante teen Moses en Aäron in opstand gekom het. 10Die grond het oopgeskeur en hulle het saam met Korag en sy volgelinge in die skeur verdwyn. Dit was ook toe dat die Here die 250 man met vuur verbrand het om Israel te waarsku. 11Korag se seuns is egter nie dood nie.
12Die families in die stam van Simeon was dié van Jemuel, Jamin, Jakin, 13Serag en Saul. 14Die Simeonfamilies was altesaam 22 200 man.
15Die families in die stam van Gad was dié van Sifjon, Gaggi, Suni, 16Osni, Eri, 17Arod en Areli. 18Die Gadfamilies was altesaam 40 500 man. 19Er en Onan was Juda se seuns, maar hulle is vroeër al in Kanaän dood.
20Die families in die stam van Juda was dié van Sela, Peres en Serag. 21Die Peresfamilies was dié van Gesron en Gamul. 22Die Judafamilies was altesaam 76 500 man.
23Die families in die stam van Issaskar was dié van Tola, Puwwa, 24Jasub en Simron. 25Die Issaskarfamilies was altesaam 64 300 man.
26Die families in die stam van Sebulon was dié van Sered, Elon en Jagleël. 27Die Sebulonfamilies was altesaam 60 500 man.
28Die families in die stam van Josef was dié van Manasse en Efraim. 29Makir, voorvader van Gilead, was uit die Manassefamilie. 30Die Gileadfamilie was dié van Iëser, Gelek, 31Asriël, Sekem, 32Semida, Gefer 33en Selofgad. Selofgad, Gefer se seun, het nie seuns gehad nie, net dogters. Sy dogters was Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa. 34Die Manassefamilies was altesaam 52 700 man.
35Die Efraimfamilies was dié van Sutelag, Beker en Tagan. 36Eran was uit die Sutelagfamilie. 37Die Efraimfamilies was altesaam 32 500 man. Dit was al die Joseffamilies.
38Die families in die stam van Benjamin was dié van Bela, Asbel, Agiram, 39Sefufam en Gufam. 40Die Belafamilies was dié van Ard en Naäman. 41Die Benjaminfamilies was altesaam 45 600 man.
42Die familie in die stam van Dan was dié van Sugam en sy nageslag. Dit was die enigste Danfamilie. 43Die Sugamfamilie was altesaam 64 400 man.
44Die families in die stam van Aser was dié van Jimna, Jiswi en Beria. 45Die Beriafamilies was dié van Geber en Malkiël. 46Aser het ook ’n dogter gehad, Serag. 47Die Aserfamilies was altesaam 53 400 man.
48Die families in die stam van Naftali was dié van Jagseël, Guni, 49Jeser en Sillem. 50Die Naftalifamilies was altesaam 45 400 man. 51Die groottotaal van al die Israeliete was 601 730 man.
Grond word verdeel
52Daarna het die Here vir Moses gesê: 53“Verdeel nou die land onder die verskillende stamme. 54Gee aan elke stam die grond wat hulle toekom volgens die grootte van die stam. 55Jy moet lootjies trek om te bepaal watter stam watter gedeelte van die land kry. Jy moet die grond volgens die grootte van die verskillende stamme verdeel. 56Laat die stamme saam lootjies trek. Elke stam moet ’n stuk grond kry.”
57Die families van die stam van Levi wat getel is, was dié van Gerson, Kehat en Merari 58en ook dié van Libni, Hebron, Magli, Musi en Korag. Kehat was die oupa van Amram, 59en Amram se vrou was Jogebed, ook uit die nageslag van Levi. Sy is in Egipte gebore en haar en Amram se kinders was Aäron en Moses en hulle suster Mirjam. 60Aäron was die pa van Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar. 61Nadab en Abihu is mos dood toe hulle vuur en offers na die altaar toe gebring het waarvoor die Here nie gevra het nie. 62Die Leviete van ’n maand en ouer was altesaam 23 000 man. Hulle is nie saam met die ander Israeliete in die sensus getel nie, want hulle het mos nie grond as eiendom gekry nie.
63Moses en Eleasar het hierdie sensus opgeneem in die vlakte van Moab waar die volk langs die Jordaanrivier regoor Jerigo gekamp het. 64-65Toe hulle na die lyste kyk, was daar nie een van die mans se name daarin wat in die vorige sensus in die Sinaiwoestyn getel is nie. Hulle was reeds almal dood, soos die Here belowe het. Die enigste twee wat oorgebly het, was Jefunne se seun Kaleb en Nun se seun Josua.

Currently Selected:

Numeri 26: DB

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy